SportSport

Volkies se skuts in die kol by SA’s

Anru Erasmus is as die kampioen luggeweer o.21 skut van die jaar bekroon en Erwee Mostert as die kampioen Vrystaande o.21 pistoolskut.

Volkies presteer elke jaar buitengewoon goed met hul geweer en pistoolskuts. Die naweek van 26 en 27 Julie is die Noordwes- proewe by Hoërskool Fochville aangebied en Volkies het weer behoorlik naam gemaak.

Anru Erasmus is as die kampioen luggeweer o.21 skut van die jaar bekroon en Erwee Mostert as die kampioen Vrystaande o.21 pistoolskut. Twee Volkies ontvang ook tydens die proewe die trofeë vir die beste opkomende skut vir 2019. By gewere is dit Dian Kirsten en by pistole Emma du Plooy.

“Soos vorige jare behaal nie minder as vier van ons skuts die Noordwes-span. Vanjaar se skuts by die gewere is Anru Erasmus en Dalton Janse van Rensburg, en by die pistole Paul van Bosch en Erwee Mostert. Anru gaan vir die vyfde jaar na die SA’s en die twee pistole vir hul derde jaar,” vertel afrigter Herman du Plooy.

Verlede jaar tydens die SA kampioenskappe wat in New Castle plaasgevind het, het beide Erwee en Paul ‘n goue medalje verower in die o.21 kategorie. Hulle was toe maar nog net 15 jaar oud.
Erwee Mostert het ook op Woensdag 31 Julie saam met die nasionale span na Engeland vertrek waar hy aan die Internasionale Luggeweer kompetisie (BJI) gaan deelneem.

 

“As koördineerder en afrigter by Volkies is ek trots op elke skut van ons. Skuts wat by elke geleentheid die beeld van die skool met waardigheid uitdra,” noem Herman verder.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button