VIDEO: Menere vat Gimmies se eerste krieketspan aan

'n Paar menere soos Willem Coertzen en Bertus Pool het sommer 50-talle aangeteken. Die skoolhoof, Mnr. Roelof Oosthuizen het ook die boulwerk geopen en goeie lyn en lengte gewys.

Om bietjie gees te vang het Gimmies se onderwysers en hoof die eerste krieketspan in ‘n vriendskaplike T20-wedstryd aangevat. Dit was groot sports en daar was baie gees op die veld. ‘n Paar menere soos Willem Coertzen en Bertus Pool het sommer 50-talle aangeteken. Die krieketafrigter, Wian Lubbe het ook lekker teen sy eie span met die kolf ingelê. Mnr. JR Jackson het ook ‘n paar massiewe sesse gemoker. Die skoolhoof, Mnr. Roelof Oosthuizen het ook die boulwerk geopen en goeie lyn en lengte gewys.

Hierdie wedstryd was ‘n klein lusmaker vir die opkomende krieketseisoen en Gimmies Premier League wat komende week begin.

Hier is die video van die aksie:

Hier is foto’s van die dag se krieketaksie:

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version