SportSport

Luiperds gereed om Purple People Eaters se monde te snoer

Die Luiperds het weer die betroubare senterpaar Tjaart Benade en Nkululeko Mcuma gekies met vleuels, Luwi Mngadi en Keagan Tait wat spoed sal bied.

Die Luiperds is gereed om die Purple People Eaters van Welkom ‘n les of twee hierdie naweek in die Curriebeker Eerstebeker Divisie te leer.

Die Luiperds vat die Griffons aan en as daar na vorige kragmetings tussen die twee spanne gekyk word kan daar weer ‘n klipharde geveg verwag word.

Die Luiperds het weer die betroubare senterpaar Tjaart Benade en Nkululeko Mcuma gekies met vleuels, Luwi Mngadi en Keagan Tait wat spoed sal bied. Chuiner van Rooyen sal ook op heelagter sy skopvoet wil laat praat. Van Rooyen sal die taak hê om pale toe te skop en ook in oop spel voordeel wil trek.

Voorlangs sal kaptein Edmund Rheeder en sy mede-losvoorspelers, Reuben du Plooy en Wandi Mazibuko ook die voorbeeld wil stel. Die getatooëerde slot, Dylan Pieterse, sal ook sy kans in die beginspan kry, met die dat Danny du Plooy op die krukkelys is. Stephan de Jager is ook ‘n nuweling wat op loskopstut gaan diens doen.

Die wedstryd teen die Griffons skop om 15:oo in Welkom af.

Luiperds teen Griffons: 15. Chuiner van Rooyen; 14. Keagan Tait, 13. Nkululeko Mcuma, 12. Tjaart Benadé, 11. Luwi Mngadi; 10. Evardi Boshoff, 9. Bernu Engelbrecht; 8. Edmund Rheeder, 7. Reuben du Plooy, 6. Wandi Mazibuko, 5. Dylan Pieterse, 4. HP Swart, 3. Robert Hunt, 2. Marius Stander, 1. Stephan de Jager. Reserwes: 16. JC Gnade, 17. Wikus Groenewald, 18. Edward Haas, 19. Giovan Snyman, 20. Boeta Vermaak, 21. Lungelo Gosa.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button