Gimmies se o.14 seunshokkiespan is Noordvaal-kampioene!

Gimmies moes van die land se top hokkieskole klop en in die finaal vir Hoërskool Waterkloof op strafdoele met 4-2 sink nadat die wedstryd 1-1 geëindig het.

Die welbekende “Gimmie-Guts” was weer in volle swang op die hokkieastro die afgelope naweek toe Potchefstroom Gimnasium se o.14 seunshokkiespan die Noordvaal-trofee gewen het.

Sodoende is Gimmies se o.14’s die beste hokkiespan Noord van die Vaalrivier. Gimmies moes van die land se top hokkieskole klop en in die finaal vir Hoërskool Waterkloof op strafdoele met 4-2 sink nadat die wedstryd 1-1 geëindig het.

Gimmies se sterspeler was Jan Adriaan van Wyk wat die doelskieter van die toernooi-toekenning verower het. Tog kan nie net een persoon krediet kry nie en ‘n algehele spanpoging het die goud om die Potchefstromers se nekke verseker. Die ervare Piet van Wyk rig hierdie span af. Volgens hom het sy span keer op keer gewys hoe dit lyk om nie op te gee nie.

“Hierdie span het ongelooflike guts en karakter gewys. Veral nadat ons die eerste wedstryd 3-3 teen Waterkloof gespeel het en moes gewen het. Hulle het hul koppe hoog gehou en aanhou ba-klei. Toe ons weer Waterkloof in die finaal speel en wen, was ons span in die wolke. As jy ons skool met die ander hokkieskole se getalle vergelyk is dit ongelooflik om te sien hoe goed Gimmies doen,” het hy gesê.

Gimmies eindig algeheel vierde van al die ouderdomsgroepe in die onderskeie Noordvaal o.14, o.16 en eerstespan-toernooie.
Verdere uitslae: Noordvaal-toernooie:

o.14:
Poelwedstryde: Teen Waterkloof 3 elk gelykop
Teen Transvalia wen 3-1
Eindig 2de in poel
Kwartfinaal teen Garsfontein wen 6-3
Semifinaal teen HTS Witbank 2-2 en wen 8 sek strafdoele 3-1
Finaal teen Waterkloof 1 elk en wen 8 sek strafdoele 4-2
Verower: 1ste plek
Eerstespan:
Poelwedstryde: Teen Waterkloof verloor 1-3
Teen Maragon gelykop 1 elk
Eindig derde in poel
Semifinaal teen Oosterland wen 6-0
Finaal teen RHS wen 4-0
Verower 9 de plek
o.16:
Poelwedstryde: Teen Pietersburg wen 3-2
Teen Middelburg wen 2-0
Eindig as wenners van poel
Kwartfinaal teen Waterkloof 2 elk gelykop verloor in 8 sek 1-3
Semifinaal teen Secunda wen 2-0
Finaal teen Pietersburg verloor 2-3
Verower 6 de plek

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version