SportSport

Luiperds uiteindelik aan die wenkant met Grens sege

Die Luiperds was wel nie gereed om weer aan die verloorkant te eindig nie en Reuben du Plooy en Luwi Mngadi se drieë verseker ‘n belangrike wen vir André Pretorius se span.

Vir die eerste keer sedert die eerste week van Curriebeker Eerste Divisie-aksie is die Luiperds weer op die wenpad nadat hulle Grens die afgelope naweek op Olënpark met 38-29 geklop het.

Dit was ‘n wedstryd vol hardlooprugby op die wintergras van Potchefstroom se historiese rugbystadion en die stof het letterlik en figuurlik gestaan met tien drieë wat in hierdie wedstryd aangeteken is.

Die Luiperds het alreeds in 35ste sekonde ‘n drie gaan druk toe skrumskakel, Bernu Engelbrecht, oorduik. Die wip-plank natuur van hierdie kragmeting wat oogeenlopend toe Grens se Soso Xalashe die telling na 7-5 met die besoekers de eerste drie, vernou.

Tjaart Benad is as die speler van die wedstryd aangewys. Hier staan hy saam met die Luiperds-afrigter, André Pretorius.
Tjaart Benade is as die speler van die wedstryd aangewys. Hier staan hy saam met die Luiperds-afrigter, André Pretorius.

Die speler van die wedstryd, Luiperds-senter, Tjaart Benade, het sy stem ook dik gemaak toe hy na 20 minute gaan druk. Nkululeko Mcuma druk ook ‘n pragdrie om die Luiperds met 19-5 voor te loop. Mcuma het goed afgerond na die Luiperds vinnige hande die drie opgestel het.

Grens het wel heeltyd kopgehou en weer net voor halftyd gaan druk met Bangi Kobese wat soos ‘n stormram nie teen aan die drielyn gestuit kon word nie.

Die Luiperds het weer die inisiatief in die tweede helfte geneem toe die flank, Wandi Mazibuko, ook gaan druk om die telling 24-12 in die guns van die Luiperds te plaas.

Oudergewoonte, het die manne van Oos-Londen nie gaan lê nie en summier die voorlopersposisie ingeneem. Siphelele Zono en Onke Dubase duik oor en Aphiwe Stimele verdoel om voor te loop. Die Luiperds was wel nie gereed om weer aan die verloorkant te eindig nie en Reuben du Plooy en Luwi Mngadi se drieë verseker ‘n belangrike wen vir André Pretorius se span.

Lees meer oor die Luiperds se opkomende wedstryd teen die Griffons in komende week (1 Augustus) se Potchefstroom Herald.

Punte:

Luiperds: 38 (19):

Drieë: Bernu Engelbrecht, Tjaart Benade, Nkululeko Mcuma, Wandi Mazibuko, Reuben du Plooy en Luwi Mngadi.

Doelskoppe: Chuiner van Rooyen (3), Evardi Boshoff.

Grens: 29 (12)

Drieë: Soso Xakalashe, Bangi Kobese, Siphelele Zono en Onke Dubase

Doelskoppe: Aphiwe Stimele (3)

Strafskoppe: Aphiwe Stimele

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button