SportSport

Du Plooy-broers sal stempel teen Grens wil afdruk

Alhoewel Grens nie gering geskat kan word nie, is dit ‘n moet wen vir André Pretorius se span – enigiets minder sal ‘n groot hou vir die Luiperds se vordering wees.

Die Luiperds sal voor komende Saterdag se wedstryd teen die Grens Bulhonde hulle pelse moet afstof en seker maak dat hulle in die kol is op hulle tuisveld.

Na ‘n teleurstellende 12-7 nederlaag teen die Valke die afgelope Saterdag, sal die Luiperds weer op die wenpad wil kom nadat hulle nou twee wedstryde in ‘n ry nie die gewenste resultaat verkry het nie.

Grens is tans heel onder aan die punteleer en het verlede naweek ‘n 78-12 pakslae teen die Jaguares XV van Argentinië agter die rug. Dit is nou die perfekte tyd vir die Luiperds om nog sout aan die oop wonde te smeer.

Alhoewel Grens nie gering geskat kan word nie, is dit ‘n moet wen vir André Pretorius se span – enigiets minder sal ‘n groot hou vir die Luiperds se vordering wees. Die Luiperds was dié seisoen sover wisselvallig en kort ‘n behoorlike vertoning wat vertroue sal inboesem.

Sover het die Du Plooy-broers, Danny en Reuben, sowel as agsteman en kaptein, Edmund Rheeder voorlangs uitgeblink. Agterlangs is Chunier van Rooyen en Evardi Boshoff twee manne wat ‘n daadwerklike verskil kan maak. JC Gnade maak ook sy debuut in die beginspan op haker.

Die wedstryd tussen die Luiperds en Grens skop Saterdag, 27 Julie om 15:00 af. Vroeër sal die Luiperds Vroue teen die Leeus Vroue mekaar om 12:30 in ‘n voorwedstryd pak.

Luiperds teen Grens:

15. Chuiner van Rooyen, 14. Keagan Tait, 13. Nkululeko Mcuma, 12. Tjaart Benadé, 11. Luwi Mngadi, 10. Evardi Boshoff, 9. Bernu Engelbrecht, 8. Edmund Rheeder (kaptein), 7. Reuben du Plooy, 6. Wandi Mazibuko, 5. Danny du Plooy, 4. HP Swart, 3. Robert Hunt, 2. JC Gnade, 1. Brendan Strydom.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button