Gimmies se o.16’s behaal tweede plek by Volkies se Twizza Netbaltoernooi

Gimmies se o.16A-span reik wel uit bo hulle teenstanders met ‘n tweede plek in hulle ouderdomsgroep net onder Afrikaans Hoër Meisies (Affies) wat eerste plekke in o.16, o.17 en o.19-vlak beklee.

Die 2019 Twizza Volkies Netbaltoernooi die afgelope naweek by Hoër Volkskool Potchefstroom, was weer eens ‘n netbalkarnaval. By hierdie toernooi, wat as voorbereiding vir die opkomende SA Best Schools kampioenskappe dien, het 23 skole in verskeie ouderdomsgroepe kragte gemeet.

Foto’s: Wouter Pienaar

Vir die plaaslike skole, Gimmies en Volkies, was daar nie groot vreugde in terme van top drie plekke nie. Gimmies se o.16A-span reik wel uit bo hulle teenstanders met ‘n tweede plek in hulle ouderdomsgroep net onder Afrikaans Hoër Meisies (Affies) wat eerste plekke in o.16, o.17 en o.19-vlak beklee. Affies is ook die algehele kampioen met 162 punte. Menlopark is tweede met 141 punte. Rustenburg kom derde met 120 punte agter hulle naam.

Foto’s: Chrisna Mentz

Gimmies eindig algeheel sewende op 92 punte met Volkies wat 14de eindig op 55 punte. Volkies se beste presterende span is die o.19’s wat 12de plek beklee.
Exit mobile version