SportSport

Luiperds se o.13 Cravenweekspan wys hulle staal met drie mooi oorwinnings

Die Luiperds het hulle beste vir laaste gelos toe hulle verrassend vir Vrystaat met 26-12 geklop het.

Die Luiperds het by die o.13 Cravenweek, wat vanaf 23-29 Junie in Witrivier gehou is, een van hulle sterkste vertonings nog gelewer toe hulle drie van hulle vier wedstryde gewen het. Op die Hoërskool Rob Ferreira se velde het die jong Luipies vir Boland Platteland, Boland en die Vrystaat Cheetahs geklop. Hulle het net teen die Valke met 22-10 vasgeval.

Die Luiperds het hulle beste vir laaste gelos toe hulle verrassend vir Vrystaat met 26-12 geklop het. Clayton Wright, Geoffrey French, Cohen Witbooi en Zulu Khumalo druk vir die Noordwesters. Mooirivier losskakel, Lhuan-dré Pretorius skop drie doelskoppe oor om die wedstryd en uitstekende week te beklink. Die Luiperds eindig derde op die punteleer, net 13 punte agter die Leeus en WP.

Die Luiperds se jong o.16 Grant Khomo-span het by tye tydens die 2019 Grant Khomo-week ook in Witrivier hulle tande gewys, maar op die ou einde kon hulle net een oorwinning in hierdie kompetisie behaal.

Die Grant Khomo-span onder leiding van Chris Erasmus en Gerhard Swart het die Valke in ‘n puik vertoning met 22-19 geklop, maar moes nederlae van 31-17 teen die Leeus en 25-10 teen Boland beleef.

Related Articles

Back to top button