Luiperds pak OP eerste op Olënpark

Die senior Luiperdspan speel teen die Oostelike Provinsie vir die eerste keer op die veld op Saterdag, 6 Julie om 15:00.

Die Luiperds Rugbyunie is nou weer tuis by hule hoofkwartier met Curriebeker Eerstedivisie-wedstryde en o.21-toernooi wedstryde wat op Olënpark gaan plaasvind.

Dit nadat die historiese stadion vir die afgelope jaar geen rugby gesien het nie.
Die unie en die JB Marks Munisipaliteit het tot ‘n ooreenkoms gekom en nou kan daar weer na puik rugby uitgesien word.

Die senior Luiperdspan speel teen die Oostelike Provinsie vir die eerste keer op die veld op Saterdag, 6 Julie om 15:00. Net voor dit sal die Luiperds o.21’s teen Vrystaat te sien wees.

Argentinië het ook ‘n uitnodigingspan wat in vanjaar se Curriebeker Eerste Divisie speel en dit sal interessant wees om te sien hoe die Luiperds op 17 Augustus teen hulle te staan kom.

Bepalings vir seisoen op Olënpark:

•6 Julie: Luiperds o.21 teen Vrystaat o.21 – 12:00

•6 Julie: Luiperds teen OP– 15:00

•13 Julie: Luiperds o.20 teen Boland – o.20– 13:00

•13 Julie: Argentinië teen Boland– 16:00

•20 Julie: Luiperds o.21 teen Blou Bulle o.21– 12:00

•20 Julie: Luiperds teen Valke– 15:00

•27 Julie: Luiperds Vroue teen Leeus Vroue – 13:00

•27 Julie: Luiperds teen Grens – 15:00

•3 Augustus: Luiperds o.21 teen WP o.21 – tyd onbekend

•10 Augustus: Luiperds teen Boland – 15:00

•17 Augustus: Luiperds o.20 teen Griffons o.20 – 11:00

•17 Augustus: Luiperds o.21 teen Leeus o.21 – 13:00

•17 Augustus: Luiperds teen Argentinië – 15:00

Exit mobile version