Luiperds se o.16 Grant Khomo-manne klop die Valke

Die skrumskakel, Dean Snyders, het met twee doelskoppe en JP Klue, met 'n strafskop die wen beklink.

Die Luiperds se o.16 Grant Khomo-span het die afgelope week in Witrivier in hulle eerste wed- stryd teen die Goue Leeus met 31-17 die knie gebuig. Die Luiperds het ‘n goeie kans gehad om die wen deur te trek, maar op die ou einde het die Leeus te veel skietgoed gehad. Die Luiperds o.16’s kon in hulle tweede wedstryd die Valke met 22-19 klop. Hier het die Luiperds se Letlhogonolo Kgaudi en Alex Mokatse (2) die drieë ingepalm om die span na oorwinning te neem. Die skrumskakel, Dean Snyders, het met twee doelskoppe en JP Klue, met ‘n strafskop die wen beklink.

Foto’s: Johan Orton

Exit mobile version