Foto’s: Volkies se tweede span-toernooi weer ‘n groot sukses

In Volkies se derde wedstryd (50 beurte) teen Montana het die kolwers behoorlik ingelê en ‘n reuse telling van 446 almal uit aangeteken.

Hoër Volkskool Potchefstroom het weer vanjaar tydens die winter skoolvakansie ‘n baie suksesvolle krieketweek vir tweede spanne en o.15B-spanne aangebied.

Hier is Volkies se tweede span-spelers: (Foto’s – Wouter Pienaar)

Hierdie toernooi het vanaf 18-21 Junie plaasgevind en in helder sonskyn het die krieketspelers gereed gemaak vir die seisoen wat voorlê. Dit het ook spelers die kans gegee om hulle staal te wys en aan die deur van die A-spanne en eerste spanne te klop.

Affies teen Menlopark:

Lees meer oor die uitslae in hierdie week se Herald (27 Junie)

Exit mobile version