Luiperds pak Griekwas in Leeudoringstad Saterdag

Morney Moos het verlede naweek in die Luiperds se 81-8 wegholoorwinning teen die Welwitchias in Windhoek sy stempel gedruk met 'n kragtige vertoning.

Die Luiperds sal daadwerklik getoets word hierdie Saterdag (1 Junie) wanneer hulle teen ‘n ywerige Griekwas-span in Leeudoringstad in die Supersport Uitdaagreeks uitdraf.

Die Luiperds het ‘n span wat met jeug en ervaring gemeng is, vir hierdie kragmeting gekies. Die woelwater heelagter, Chunier van Rooyen sal een van die Luiperds se gevbaarmanne wees, met Lungelo Gosa en Keagan Tait wat hom op vleuel sal ondersteun.

Die RHS-flank, André Fouché begin sy eerste wedstryd saam met die indrukwekkende Klerksdorp Rugbyflank, Morney Moos. Moos het verlede naweek in die Luiperds se 81-8 wegholoorwinning teen die Welwitchias in Windhoek sy stempel gedruk met ‘n kragtige vertoning. Die Namibiër, Nelius Theron (loskopstut) en Robert Hunt (vaskopstut) sal ook voorlangs hulle krag wil wys teen die Griekwas.

Die Griekwas se top spelers sal die vleuel, Enver Brand sowel as losskakel, Goerge Whitehead wees. Interessant genoeg kan die voormalige Luiperds, Chriswill September en Gideon van der Merwe vir die hulle nuwe unie ook uitdraf.

Die wedstryd skop om 15:45 by Leeudoringstad Rugbyklub af

Luiperds teen Griekwas: 15. Chuiner van Rooyen, 14. Lungelo Gosa, 13. Evardi Boshoff, 12. Tjaart Benadé, 11. Keagan Tait, 10. Schalk Hugo, 9. Boela Abrahams,  8. Edmund Rheeder, 7. Morney Moos, 6. André Fouché, 5. Danny du Plooy, 4. HP Swart, 3. Robert Hunt, 2. Gustav du Randt, 1. Nelius Theron.

Exit mobile version