One on One: Lizzy Diseko

Hierdie ma van twee en skoonmaker by Woel en Werskaf Kleuterskool in Potchefstroom is dalk in die dag besig om vloere te vee en alles mooi netjies te maak, maar in die aande en oor naweke wys sy haar ware talente met ‘n rugbybal in haar hand.

Met haar vriendelike glimlag en sagte moederhart, sal ‘n mens nie uit die staanspoor dink dat Lizzy Diseko (37), een van Potch Dorp Rugbyklub se top vrouerugbyspelers is nie.
Hierdie ma van twee en skoonmaker by Woel en Werskaf Kleuterskool in Potchefstroom is dalk in die dag besig om vloere te vee en alles mooi netjies te maak, maar in die aande en oor naweke wys sy haar ware talente met ‘n rugbybal in haar hand.
Diseko se rugbyloopbaan het effens laat begin, toe sy deur die huidige spanbestuurder van die vrouerugbyspan, Henriëtte Pretorius, aangemoedig is om te kom speel.
“Ek het niks van rugby geweet nie en ek was nuuskierig om te kom kyk. Ek wil net dankie sê vir Hetta (Henriëtte Pretorius) wat vir my ‘n kans gegee het. Ek kon nie Engels praat nie en almal in die span kon Engels praat, so ek het eers bietjie uit gevoel. Die atmosfeer was wel lekker by die eerste paar oefeninge en nou is almal hier by Potch Dorp familie.
“Ek speel al drie jaar rugby en ek geniet die oefeninge en die wedstryde verskriklik baie.Dit maak nie saak watter werk jy doen nie of waar jy vandaan kom nie. Enige iemand kan ‘n sukses maak van iets as jy doelgerig is,” sê Diseko.

Lizzy Diseko

“Ek was baie onfiks in die begin. Dit was my lekker om ‘n nuwe ding te doen en ek het dit interessant gevind. Ek neem ook deel aan boks om my fiks te hou,” vertel Diseko wat nog nooit in haar drie jaar deelname in rugby ‘n ernstige besering opgedoen het nie.
Diseko, wat tans in Extension 11 in Ikageng woon, speel ‘n kombinasie van slot, flank, sowel as skrumskakel, maar sy geniet die oopkantflank posisie die meeste.
Diseko se twee seuns, Karabo en Kgomotso is ook groot ondersteuners van hulle ma en volgens haar praat hulle gereeld rugby in en om die huis.
“Dit is vir my baie lekker om te sien hoe hulle my ondersteun en ook liefde vir die spel het.”
Buiten die feit dat Diseko ook ‘n uitstekende speler op die veld is, wil sy ook haar kennis verder uitbrei as afrigter en skeidsregter.
“Ek is doen ‘n skeidsregters en afrigtingskursus sodat ek jong meisies ook aan rugby kan blootstel. Ek wil graag teruggee en meer mense van rugby vertel.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version