SportSport

Evardi Boshoff op losskakel vir Luiperds teen Leeus

Die Luiperds se twee verkose losskakels, Siya Masuku en Schalk Hugo is altwee beseer en Evardi Boshoff sal nou teen die Leeus die nommer 10-trui dra.

Die Luiperds speel komende Saterdag om 15:30 by Hoërskool Wolmaransstad teen die Goue Leeus in hulle tweede Supersportreeks-stryd en dit behoort ‘n groot kragmeting te wees.

Die Leeus het ‘n vurige agterlyn met Madosh Tambwe, Eddie Fouché en Jean-Luc Cilliers wat vir die verdedigers probleme kan verskaf.

Die Luiperds se twee verkose losskakels, Siya Masuku en Schalk Hugo is altwee beseer en Evardi Boshoff sal nou teen die Leeus die nommer 10-trui dra.

Die span van Noordwes gaan ook  weer wil terugveg nadat hulle die vorige naweek met 27-34 teen die Griffons in Welkom verloor het.

Die Luiperdsspan teen Leeus is:

15. Chuiner van Rooyen, 14. Bradley Moolman, 13. Cheswin van Wyk, 12. AK Nela, 11. Lincoln Daniels; 10. Evardi Boshoff, 9. Boela Abrahams, 8. HP Swart, 7. Reuben du Plooy, 6. Edmund Rheeder, 5. Johan Retief, 4. Alex van Staden, 3. Matimu Manganyi, 2. Marius Stander, 1. Botter Moloto.

Reserwes: 16. Ruan Groenewald, 17. Nelius Theron, 18. Danny du Plooy, 19. Wandi Masibuko, 20. Chriswill September, 21. Nkululeko Mcuma, 22. Keagan Tait.

  • Lees meer oor die Luiperds se nederlaag teen die Griffons in hierdie week (2 Mei) se Herald. 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button