Die Wilge wys hulle klas op die rugbyveld

Hoërskool Die Wilge het verassend vir HTS Potchefstroom ook geklop om hulle seisoen onoorwonne te begin.

Hoërskool Die Wilge, wat die Noordvaal Rugby Trofee (LSOB) in 2016 en 2018 verower het, is slaggereed vir die nuwe uitdagings wat op pad is. Die seuns het in Januarie begin oefen, min wetend dat die skool genader sou word om deel te word van die Twizza- Rugbyreeks. Hierdie is ‘n baie groot vooruitsig, aangesien Die Wilge wat ‘n LSOB (Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes) skool is, dus gaan deelneem aan die Hoërskole-liga. Die Wilge gaan deel wees van die Gauteng, Wes-Rand-liga. Die eerste wedstryd in die toernooi sal Saterdag, 27 April wees wannneer Die Wilge H/S gaan kragte meet teen Mondeor High School (weg).

Foto’s: Verskaf:

Die Wilge begin 2019 op ‘n hoë noot met 6 onoorwonne wedstryde:
• Die Wilge (1ste) teen Potch HTS (1ste). Die Wilge wen 28-20
• Die Wilge (1ste) teen Kempton Panorama (1ste). Die Wilge wen 40-28
• Die Wilge (1ste) teen Potchefstroom Boys High (tweede). Die Wilge wen 60-5
• Die Wilge (1ste) teen Carel de Wet (1ste). Die Wilge wen 33-0
• Die Wilge (1ste) teen Potchefstroom Boys High (1ste). Die Wilge wen 14-10
• Die Wilge (1ste) teen Randeor (1ste). Die Wilge wen 61-0.

Exit mobile version