Nuwe gesigte by Luiperds vir Griffons kragmeting

Die ervare HP Swart, sal op agtsteman sy agtste seisoen in die Luiperds seniorspan voortsit.

Die Luiperds se Supersport Uitdaagreeks-veldtog begin Saterdag, 27 April in Welkom om 16:00 waneer hulle die gevaarlike Griffons-span aanvat.

Die voormalige Griffons skrumskakel, Boela Abrahams, is nou in die Luiperds se stal en sal ook die Luiperds as kaptein aanvoer in dié wedstryd.

Abrahams het die Griffons in 57 wedstryde verteenwoodig en sal sekerlik ‘n paar geheime na die Luiperds se kant toe kan gooi oor sy vorige werkgewer.

Die Luiperds-span het vanjaar ook meer van ‘n rugbyklub-geur met agt-klubspelers (Klerksdorp, Impala en Potch) wat in die groep is, terwyl die res NWU-Puk spelers is.
Die Impala losskakel, Siya Masuku, sal sy goeie spel op provinsiale vlak wil voortsit en die voorste puntemaker in die Gold Cup, kan ‘n gedugte skakelpaar vennootskap met Abrahams bou.

Nuwelinge in die Luiperds se span sluit in die NWU-heelagter, Chuine van Rooyen en die geharde Klerksdorp agtersteman, Morné Moos. Die ervare HP Swart, sal op agtsteman sy agtste seisoen in die Luiperds seniorspan voortsit.

Hierdie wedstryd is ook nuwe breier, André Pretorius, se eerste wedstryd as hoofafrigter van die Luiperds en dit sal belangrik wees om sy rekord met ‘n wen te begin.

Die Pumas van Nelspruit is tans die verdedigende Supersport Uitdaagreeks-kampioene.

Luiperds teen Griffons: Keagan Tait; Lundile Gosa, Cheswin van Wyk, Evardi Boshoff, Lincoln Daniels; Siya Masuku, Boela Abrahams (kaptein); HP Swart, Ruben du Plooy, Edmund Rheeder, Danny du Plooy, Alex van Staden, Robert Hunt, Marius Stander, Botter Moloto. Reserwes: Maliviwe Simanga, Matimu Maganyi, Johan Retief, Morné Moos, Eugene Hare, AK Nela, Chuiner van Rooyen.

Exit mobile version