Meyer besig om die pad na PE vir kanker aan te durf

Die Potchefstroomse atleet, Carmen Meyer, het gisteroggend (12 Desember) in haar pienk fietsrytrui op haar fiets die lang pad na Port Elizabeth aangedurf om bewusmaking vir borskanker aan te wakker. Meyer se hoofdoel is om fondse vir kanker tesame met die Pink Drive-veldtog in te samel. Sy dra ook hierdie 1 350km rit aan haar …

Die Potchefstroomse atleet, Carmen Meyer, het gisteroggend (12 Desember) in haar pienk fietsrytrui op haar fiets die lang pad na Port Elizabeth aangedurf om bewusmaking vir borskanker aan te wakker.
Meyer se hoofdoel is om fondse vir kanker tesame met die Pink Drive-veldtog in te samel. Sy dra ook hierdie 1 350km rit aan haar ma op wat in 2004 aan lewerkanker oorlede is.
Meyer het gisteroggend vanaf haar huis in Du Plooystraat vertrek waar ‘n groep familielede haar sterkte vir die 11 dae lang roete toegewens het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Micheal Boshoff van Dixon Batteries sal ook seker maak dat Meyer veilig op die pad is en sal bystand verleen op haar roete.
Meyer het voordat sy vertrek het ook genoem dat sy meer as gereed is vir hierdie uitdaging en dat sy genoeg voorbereiding ingesit het.
“Ek sien baie uit hierna en om net die bewusmaking rondom kanker groter te maak. Die hitte gaan nogal intens op die pad wees, maar ek weet hoe om myself koel te hou en te hidreer,” het sy met ‘n glimlag gesê.
Lesers kan fondse bydra op die volgende maniere:
Per SMS: Lesers kan “CYCLE” na 40158 SMS om R20 vir PinkDrive by te dra.
Op dié webblad kan bydrae gemaak word: https://www.givengain.com/cc/im-cycling-1400km-in-memory-of-my-mom/

Potchefstromer trap die pad na PE vir kankerbewusmaking

Potchefstromer trap die pad na PE vir kankerbewusmaking

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version