SportSport

ML Fick se eerste rugbyspan deel ‘n spesiale wenkultuur

ML Fick se eerste rugbyspan het na ‘n uitstekende seisoen vanjaar hulle jaar op Vrydag 16 November op ‘n hoogtepunt met ‘n prysuitdelingsfunksie by Seisoene in Potchefstroom afgesluit. Hierdie groep jong rugbyspelers het vanjaar onder die afrigting van Chris Swart, Pottie Potgieter en mnr. Tinus Mienie hulle staal gewys. Gedurende 28-30 Maart vanjaar het Laerskool …

ML Fick se eerste rugbyspan het na ‘n uitstekende seisoen vanjaar hulle jaar op Vrydag 16 November op ‘n hoogtepunt met ‘n prysuitdelingsfunksie by Seisoene in Potchefstroom afgesluit.
Hierdie groep jong rugbyspelers het vanjaar onder die afrigting van Chris Swart, Pottie Potgieter en mnr. Tinus Mienie hulle staal gewys.
Gedurende 28-30 Maart vanjaar het Laerskool ML Fick se eerste rugbyspan na Nyati getoer. Daar is ‘n kliniek vir die spelers aangebied met Sias Wagner, voormalige Blou Bul speler wat sake hanteer het. Die eerstespan het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Hulle het drie wedstryde gespeel en al drie oortuigend gewen. Die eerstespan is aangewys as die beste span tydens die kliniek, die span met die beste gees, die span met die beste voorspeler en ook die span met die beste agterspeler. Die eerstespan het ook gedurende die jaar uitstekende rugby gespeel en goed gevaar in die liga, met ‘n paar wedstryde wat naelskraap verloor is. ML Fick bedank graag vir Leon en Isobel Botes van Waterboy vir die borg van die span se toksakke, sowel as NTT Volkswagen vir die borg van die truie. Engen Fochville se André en Adelle Janse van Rensburg en WC Paneelkloppers se Chris en Huldie Swart word ook vir hulle ruim borgskappe bedank. JJW Loodgiters se Johan Trosello word ook vir die borg van waterbottels bedank.

Related Articles

Back to top button