SportSport

Rugbyafrigter in die sewende hemel na skitterjaar

As daar een afrigter in Potchefstroom is wat die hart, siel en gees agter sewesrugby verstaan, is dit dr. Pieter van der Berg. Vanjaar het hy ’n paar van sy rugbydrome laat waar word toe hy by die Universiteite Sewes Wêreldkampioenskappe vir Suid-Afrika as afrigter na goud in Swakopmund gelei het. Sy prestasies op en …

As daar een afrigter in Potchefstroom is wat die hart, siel en gees agter sewesrugby verstaan, is dit dr. Pieter van der Berg.

Vanjaar het hy ’n paar van sy rugbydrome laat waar word toe hy by die Universiteite Sewes Wêreldkampioenskappe vir Suid-Afrika as afrigter na goud in Swakopmund gelei het. Sy prestasies op en van die veld af is ook vanjaar vereer by die NWU Rugbyinstituut se prysuitdelingsfunksie toe hy as die afrigter van die jaar bekroon is.

Dr. Pieter van der Berg (links) ontvang sy toekenning as die NWU Rugbyinstituut se Afrigter van die Jaar vir 2018. Langs hom staan die adjunk visie-kanselier van die NWU, prof. Fika Janse van Rensburg
Dr. Pieter van der Berg (links) ontvang sy toekenning as die NWU Rugbyinstituut se Afrigter van die Jaar vir 2018. Langs hom staan die adjunk visie-kanselier van die NWU, prof. Fika Janse van Rensburg

Van sewesrugby kan jy Van der Berg nie baie vertel nie. Hierdie biokinetika dosent en NWU Sewesrugby-afrigter is al sedert 2012 aan die stuur van sewesrugby by die Instituut en is een van min afrigters wat kan spog met ‘n Phd-graad rondom sewesrugby.

“Afrigting is absoluut my passie. Hoe meer tyd en ‘n passie jy vir iets het, hoe lekkerder is dit om erkenning daarvoor te kry. Daar was ook baie sterk kandidate gewees en dit is spesiaal om die afrigter van die jaar toekenning te kry,” sê Van der Berg.

Natuurlik was die hoogtepunt vir Van der Berg om die SA universiteite sewesspan na goud te lei en sien hierdie ervaring as een van sy groot drome wat waar geword het.

“Dit was ongelooflik om met kwaliteit spelers te werk en om teen van die wêreld se beste rugbylande te kon deelneem. Om as wêreldkampioene gekroon te word was ongelooflik. Die uitslag op die einde was die kersie op die koek,” vertel hy.

In daardie span was die NWU-sewesspelers, Diederik Oberholzer, Gideon van der Merwe, Lungelo Gosa, Eugene Hare, en Hein Kritzinger betrokke.
Die voormalige NWU-Varsitybekerspeler, Rhyno Smith, was ook kaptein van daardie span. Nog ander goeie herinneringe vir Van der Berg deur die loop van die jare is toe hy die Luiperds se sewesspan na goud by die Interprovinsiale Sewestoernooi in 2013 en silwer in 2014 gelei het. In die noordelike streek was die Luiperds ook seweskampioen vir drie agtereenvolgende jare.

“Ek wil bekend staan as ‘n afrigter wat konsekwent presteer en nie net nou en dan ‘n groot oorwinning behaal nie. Ek is bevoorreg om ook op ‘n publieke platform die erkenning van spelers te kry en te hoor dat ek ‘n verskil in hulle lewens gemaak het. My lewensfilosofie is dat alles oor balans gaan.
Ek glo ook dat ‘n mens nooit moet opgee nie.”

Van der Berg het in 2002 by die Instituut betrokke geraak as afrigter en het die Puk se o.19C-span afgerig. Die jaar daarna het hy Excelsior Manskoshuis vir drie jaar afgerig en die klein koshuisliga gewen en toe vir Heimat manskoshuis vir twee jaar afgerig. In 2012 het hy die NWU-Puk se sewesspan begin afrig.
“Ek dink sewes is op die oomblik in ‘n plek waar ‘n mens nog spelers op meriete kan kies. Omdat daar ook soveel spasie is voel dit of die besluite van die skeidsregters meer regverdig is. Dit is uit en uit net ‘n meer regverdige sport as die 15-man kode.

“Sewes is wel baie meer stresvol as ‘n afrigter omdat een fout ‘n wedstryd kan kos of kan laat wen. Daar is ook meer wedstryde op ‘n dag in ‘n toernooi en kondisionering is baie belangrik omdat dit so ‘n hoë intensiteit sport is,” beaam Van der Berg.
Van der Berg is wel beskeie as dit by sy persoonlike prestasies kom en glo dat hy nie kon vermag wat hy het sonder die ondersteuning en geleentheid wat Mervyn Taylor, bestuurder van die NWU Rugbyinstituut, gegee het nie. “Ek glo dat ek die geleenthede benut het wat ek gekry het en wat vir my lekker is, is om ‘n verskil en ‘n impak te maak,” noem hy.

Wat sê ander oor Pieter van den Bergh?

Mervyn Taylor (NWU Rugbyinstituut bestuurder)
“Pieter is ‘n baie passievolle sewesafrigter en hy sit al sy fokus in sewes in. Weens sy prestasies by die Wêreld Studente Seweskampioenskappe kon ons as instituut nie anders om hom as die afrigter van die jaar aan te wys nie. Hy is heel moontlik ook die eerste sewesafrigter wat hierdie prys ontvang.”

Mervyn Taylor
Mervyn Taylor

Rhyno Smith (kaptein van die SA Universiteite Sewesspan)
“Hy het die unieke vermoë om vas te stel wat elke speler uniek maak en dan daardie vaardighede wat jy as speler het, te verbeter. Hy het my as ‘n sewesspeler in 2013 gekies voordat ek nog die Varsitybekerspan gehaal het en my gehelp en motiveer toe ander gesê het dat ek te klein vir 15-man rugby is. Hy het vir my daardie selfvertroue gegee om te kan weet dat ek met die bal in hand spelers kan klop. Coach Pieter is iemand wat eerder op jou sterk punte fokus as jou swak punte. Ek voel hy kry heeltemal te min krediet vir die werk wat hy in sewes beide op die Puk en by die Luiperds gedoen het.”

Rhyno Smith. Foto: Mario van de Wall.
Rhyno Smith. Foto: Mario van de Wall.

Diederik Oberholzer (NWU Sewes kaptein)
“Hy neem spelers in ag en sal jou nie net in ‘n wedstrydplan dwing nie. Hy neem jou as mens in ag en hy ken sy spelers persoonlik. Hy is ‘n goeie mentor om jou waardes te leer. Hy verstaan sewesrugby ontsettend goed en sy afrigting is net op ‘n ander vlak.”

Diederik Oberholzer is Pukke se Sewes Speler van die Jaar.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button