SportSport

Ringbal bied hoop vir jeug in Promosa

Daar is al telkemale gesê dat sport een van die belangrikste komponente is om hoop te verskaf waar daar nie is nie, en in die Promosa gemeenskap se geval het ringbal vanjaar nuwe hoop vir die jeug verskaf. In slegs agt maande se tyd het 32 spelers van Promosa aan vanjaar se SA Nasionale Skole …

Daar is al telkemale gesê dat sport een van die belangrikste komponente is om hoop te verskaf waar daar nie is nie, en in die Promosa gemeenskap se geval het ringbal vanjaar nuwe hoop vir die jeug verskaf.
In slegs agt maande se tyd het 32 spelers van Promosa aan vanjaar se SA Nasionale Skole Ringbal Kampioenskappe by Camp Discovery deelgeneem. Hulle het vanaf 30 September tot 6 Oktober as deel van die Dr Kenneth Kaunda Streek deelgeneem.
Beide die o.18A seuns (goud) en o.13B meisies (brons) van die Dr KK streek het medaljes ontvang.
Ringbal is as ‘n sport aan die begin van die jaar in Promosa geaktiveer, maar aangesien daar nie ringbalbane is nie, moes die spelers die NWU se ringbalbane gebruik om vir die kampioenskappe te oefen.
Onder leiding van Fergusson Jones, wat die eerste nie-blanke nasionale keurder in die geskiedenis van SA ringbal is, het hy tesame met spanbestuurder, Barnedine Swarts, seker gemaak dat ringbal in Promosa vlamvat.
“Die stadsraad het ons genader aangesien daar geen voorheenbenadeelde skole in die streek is wat ringbal beoefen nie. Ons het toe ingestem om die leerders van Promosa Primêr en Promosa Sekondêr meer oor die sport te leer. Aangesien ons nie ringbalbane in Promosa het nie, het die SJGD die kinders met busse vervoer om op die NWU se bane te oefen,” noem Jones.
Volgens Jones het die kinders na ‘n klompie toernooie en proewe dit reggekry om vir die Dr. KK-span te kwalifiseer om aan die SA’s deel te neem.
Jones-hulle het toe met behulp van die department van sport en onderrig sowel as privaat befondsing, dit reggekry om die opgewonde ringbalspelers na die SA kampioenskappe te neem.
“Daar is so baie negatiewe dinge wat in ons gemeenskap is, so dit is goed om iets positief in die gemeenskap te doen,” vertel Jones, wat ook uit die Promosa gemeenskap kom.
“Die Promosa-leerders was baie nuuskierig oor die sport en wou graag meer daaroor leer en hulle talente wys. Die plan is om volgende jaar ons eie bane in Promosa te kry en ook die sport meer toeganklik in Potchefstroom te maak, sodat meer skole betrokke kan raak.
“Hierdie spelers kom uit baie moeilike omstandighede. Uit ons groep is daar omtrent 23 spelers wat in shacks bly.
Baie van hulle is nou ‘n geleentheid gegee om meer sin in hulle lewe te hê. Dit is vir ons ongelooflik hoe die Here deurgekom het,” het Jones gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button