SportSport

Baillies se o.8’s is wenners by Konkarugbyweek

Laerskool Bailliepark het vir die eerste keer in hulle geskiedenis ‘n o.8 rugbyspan op toer na Konka Rustenburg geneem. Alhoewel die seuns vier maande gelede nog welpierugby gespeel het, moes hulle in drie maande die 15 man formaat van die spel aangeleer het. Al die ander spanne in die kompetisie het reeds die afgelope seisoen …

Laerskool Bailliepark het vir die eerste keer in hulle geskiedenis ‘n o.8 rugbyspan op toer na Konka Rustenburg geneem. Alhoewel die seuns vier maande gelede nog welpierugby gespeel het, moes hulle in drie maande die 15 man formaat van die spel aangeleer het.
Al die ander spanne in die kompetisie het reeds die afgelope seisoen 15 man rugby gespeel. Bailliepark het nie as die gunstelinge in die toernooi ingegaan nie en steeds skoonskip gemaak deur nie een wedstryd te verloor nie en as Konka-kampioene aangewys te word. Hulle het deelgeneem teen skole van Pietersburg, Pretoria, Klerksdorp en Rustenburg. Sport in die geheel is besig om nuwe hoogtes te bereik by Bailliepark Laerskool en dit is iets waarop die skool veral trots is, veral as gevolg van die insette van ouers en ‘n aktiewe beheerliggaam.

Uitslae:

1ste wedstryd: Baillies wen 12-0 Laerskool Rustenburg
2de wedstryd: Baillies wen 21-15 Laerskool Saamtrek (Klerksdorp)
3de wedstryd: Baillies wen 7-5 Pretoria-Oos
4 de wedstryd: Baillies gelykop 12-12 Protea- park

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button