SportSport

Van Vuuren se onoorwonne 122 stuur Volkies na eindstryd

Vir die vyfde agtereenvolgende jaar gaan Volkies se o.15A krieketspan in die Noordwesfinaal speel nadat hulle Gimmies die afgelope Saterdag met 188 lopies geklop het. Volkies se speler van die wedstryd was ongetwyfeld hulle kaptein, Niel van Vuuren, wat sy kolf deur die beurt gedra het om 122* van 158 balle aan te teken. Van …

Vir die vyfde agtereenvolgende jaar gaan Volkies se o.15A krieketspan in die Noordwesfinaal speel nadat hulle Gimmies die afgelope Saterdag met 188 lopies geklop het.

Volkies se speler van die wedstryd was ongetwyfeld hulle kaptein, Niel van Vuuren, wat sy kolf deur die beurt gedra het om 122* van 158 balle aan te teken. Van Vuuren het van die eerste tot die laaste bal gekolf en in sy marathonbeurt 11 viere en ‘n ses aangeteken. Om sake in perspektief te stel het geen ander Volkie-kolwer verby 18 lopies gekom nie. Gimmies se boulaanval het alles probeer en het Volkies op 240/7 beperk. Sonder van Vuuren se beurt sou dinge wel baie anders gelyk het.

Gimmies het ‘n goeie kans gehad om die telling oor te steek, maar toe John van Wyk (6/11) die bal laat sing was die gort gaar en Gimmies is uitgeboul vir ‘n skamele 52. Van Wyk was verwoestend en het met sy spoed en swaai Gimmies wind laat swaai. Ironies is Gimmies se top lopiemaker, Daan du Toit, vir 12 uitgehardloop.

Volkies se o.15 krieketafrigter, Wynand “Duimpie” Schmitt, het na die oorwinning teen Gimmies dit nou ook reggekry om in vyf jaar nog nie een keer teen Gimmies te verloor nie. Volkies se o.15’s is nou al vier jaar in ‘n ry ook die Noordwes kampioene en ‘n vyfde een sal werklik die kersie op die koek wees.

Die taak sal wel nie maklik wees nie, met Volkies wat teen Hoërskool Rustenburg in Rustenburg sal moet speel.

Volkies het reeds een keer vanjaar teen Rustenburg kleigetrap en sal graag sake wil regstel.

Foto’s Wouter Pienaar

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button