SportSport

Valke vertrap Luiperds se titelkanse

‘n Tweede helfte ineenstorting wat die Luiperds so gou moontlik sal wil vergeet het Vrydag (12 Oktober) in die Curriebeker Eerste Divisie halfeindstryd in Kempton Park teen die Valke plaasgevind. Die eindtelling van 59-19 was die resultaat van ’n tweede helfte blitzkrieg deur die Valke wat kringe om en verby die Luiperds gehardloop het. Die …

‘n Tweede helfte ineenstorting wat die Luiperds so gou moontlik sal wil vergeet het Vrydag (12 Oktober) in die Curriebeker Eerste Divisie halfeindstryd in Kempton Park teen die Valke plaasgevind.

Die eindtelling van 59-19 was die resultaat van ’n tweede helfte blitzkrieg deur die Valke wat kringe om en verby die Luiperds gehardloop het.

Die Valke het bloed geruik en hardlooprugby begin speel wat die Luiperds totaal onkant gevang het. Toe die drieë eers begin reën, was die gort so te sê gaar.

Die Valke se plaasvervanger-flank, Martin Sithole, het die meeste vrugte gepluk en vier drieë ingepalm. Grant Janke, Johan Pretorius, Ettienne Taljaard, Anrich Richter en Marco Klopper het ook vir die Valke oor die doellyn gekuier.

Tog, met ‘n 16-12 voorsprong teen halftyd, was die Luiperds in ‘n goeie posisie om ’n wen te kon deurtrek. Lungelo Gosa het vroeg in die eerste helfte gaan druk en in die eerste 20 minute het die Luiperds van hulle beste rugby dié seisoen gespeel.

Schalk Hugo se strafskop net na halftyd het die voorsprong na 19-12 vergroot, maar dit was die laaste tikkie vreugde vir die Luiperds.

Toe die Valke eers die momentum het was daar geen keer aan die manne van die Oos-Rand nie. Hulle het met hulle ervaring en wilskrag net te veel skietgoed vir die Luiperds gehad.

Die Valke sal komende Vrydag (19 Oktober) teen die SWD Arende in die eindstryd in George speel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button