SportSport

Stassen en Schlebusch staan uit in duiweseisoen

Nic Stassen dra die kroon by die Potchefstroom Posduifklub vanjaar en is as die klubkampioen gekroon na ‘n uitstekende en konsekwente seisoen. By die Mooirivier Resiesduifklub is die ervare duiweboer as die algehele kampioen gekroon na ‘n puik seisoen waar hy sy teenstanders, Willem Moolman en Hennie Aucamp, tot tweede en derde plekke dwing. In …

Nic Stassen dra die kroon by die Potchefstroom Posduifklub vanjaar en is as die klubkampioen gekroon na ‘n uitstekende en konsekwente seisoen.

By die Mooirivier Resiesduifklub is die ervare duiweboer as die algehele kampioen gekroon na ‘n puik seisoen waar hy sy teenstanders, Willem Moolman en Hennie Aucamp, tot tweede en derde plekke dwing.

In die afgelope Gold Cup-wedvlug vanaf Leeu Gamka vlieg PPK se Nollie Meintjies ‘n eerste en tiende plek los. Kirsten Hokke kom hier in 2de, 4de en 6de plek. Salty en Lettie se duiwe neem hier 3de en 5de plekke in. Die wenspoed vir hierdie wedvlug was 1076.6 m/min. In die ope 2 wedvlug neem Marnus Nel die 1ste en 8ste plekke in. Kirsten Hokke neem die 2de plek, met Nic Stassen 3de.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button