Luiperds en Valke maak reg vir stryd nommer twee

‘n Tweede kans wink nou vir die Luiperds hierdie Vrydag (12 Oktober) wanneer hulle vir die tweede agtereenvolgende week die Valke in die Curriebeker Eerste Divisie aanvat. Na verlede week se 41-36 nederlaag op die Fanie du Toit Sportgronde moet die Luiperds nou hulself afstof en die Valke in die halfeindstryd van die kompetisie by die …

‘n Tweede kans wink nou vir die Luiperds hierdie Vrydag (12 Oktober) wanneer hulle vir die tweede agtereenvolgende week die Valke in die Curriebeker Eerste Divisie aanvat.
Na verlede week se 41-36 nederlaag op die Fanie du Toit Sportgronde moet die Luiperds nou hulself afstof en die Valke in die halfeindstryd van die kompetisie by die Barnard Stadion in Kempton Park oorwin.
Dit is ‘n moet-wen wedstryd vir die Luiperds, wie se bekerdrome komende Saterdag in 80 minute besluit gaan word. Lesse is geleer na verlede Vrydag se verloor en volgens die Luiperds se kaptein, Chriswill September, is die gemoedere steeds hoog voor dié belangrike wedstryd.
“Dit help dat ons die Valke die vorige naweek gespeel het. Ons het baie goeie goed gedoen, maar ook te veel foute gemaak en nie ons geleenthede gebruik nie.
“Vir die semi-finaal moet ons minder foute maak en meer intensiteit na die wedstryd bring. Die geleenthede in hulle 22 moet ons gebruik en uitvoer,” sê September.

Span teen Valke:

1 Matimu Maganyi, 2 Louis van der Westhuizen – kaptein, 3 Robert Hunt, 4 Johan Retief, 5 Danny du Plooy, 6 HP Swart, 7 Boela Venter, 8 Edward Haas, 9 Chriswill September,10 Schalk Hugo, 11 Dean Stokes, 12 Gerhard Nortier, 13 Evardi Boshoff, 14 Lungelo Gosa, 15 Tapiwa Mafura. Plaasvervangers: 16 Marius Stander, 17 Nelius Theron, 18 Stairs Mhlongo, 19 Wandile Mazibuko, 20 Eugene Hare, 21 AK Nela, 22 Dean Gordon

 

Exit mobile version