SportSport

Christo Reyneke is Noordwes Gholfunie se kampioen

Die Noordwes Gholfunie se Senior Ope-toernooi is op 29 en 30 September by Orkney Gholfklub aangebied. 65 Spelers van regoor Suid-Afrika het deelgeneem. Daar was twee afdelings naamlik: Senior (50 tot 59 jaar) en ‘n Super Senior-afdeling (60 jaar en ouer). Die toernooi is gewen deur Craig Kamps van Bryanston Buiteklub met ‘n telling van …

Die Noordwes Gholfunie se Senior Ope-toernooi is op 29 en 30 September by Orkney Gholfklub aangebied.
65 Spelers van regoor Suid-Afrika het deelgeneem. Daar was twee afdelings naamlik: Senior (50 tot 59 jaar) en ‘n Super Senior-afdeling (60 jaar en ouer). Die toernooi is gewen deur Craig Kamps van Bryanston Buiteklub met ‘n telling van 5 onder baansyfer 139.
Morgan Phillips van Maritzburg Gholfklub en Brain Chernotsky van Killarney Buiteklub was gesamentlik tweede op 142 (twee onder baansyfer). Die Super Senior-afdeling is gewen deur Christo Reyneke van Lichtenburg Gholfklub, wat ook as die Noordwes kampioen aangewys is, op ‘n telling van 148. Verskeie kompetisies is die afgelope week by die Potchefstroomse Buiteklub aangebied.
Die uitslae was:
* Maandag, 24 September het die klub hulle fondsinsamelingsdag gehou. Dit was ‘n groot sukses en die bestuur wens Maryke Benade en haar span geluk met dié besondere gholfdag. Die formaat was IPS.
Die wenners was:
1e – Wentzel Burger met 43 punte
2e – Gideon Theart met 42 punte
3e – Heinrich Strydom met 42 punte
* Woensdag, 26 September het die klub ‘n Bonus Bogey-kompetisie aangebied.
Die wenners was:
1ste – Johnny Avenant met +4
2de – Dewald Beukman met +4
3de – Thys Cronje met +3
*Saterdag, 29 September is die IPS kompetisie deur die klub geborg.
Die wenners was:
1ste – Steve Jacobs met 39 punte
2de – Jack Olivier met 38 punte
3de – Lourie van der Merwe met 36 punte
*Dames
Elzane van der Wath met 31 punte.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button