SportSport

Luiperds bly onoorwonne in Eersteliga

Die Luiperds beleef tot dusver ‘n droomseisoen in die Eersteliga van die Curriebeker en is die ligavoorloper met ‘n skoon rekord.

Piet de Jager
Die Luiperds beleef tot dusver ‘n droomseisoen in die Eersteliga van die Curriebeker en is die ligavoorloper met ‘n skoon rekord.
Die hef aan lê nou voor met die Griffons en Valke wat gewen moet word. Die twee spanne was al dikwels die stok in die Luiperds se speke. Die Luiperds het reeds afgereken met die res van die deelnemers aan die liga.
Die jongste oorwinning was oor Grens wat die knie Vrydagmiddag op die Fanie du Toit-sportterrein moes buig. Die Luiperds het gaan water drink met drie doele op die telbord (21) teenoor ‘n enkele strafdoel van die besoekers (3).
Die besoekers het in die tweede helfte vinnig toegeslaan met ‘n doel. Die Luiperds het egter toe nog drie doele ingeryg om 42-10 voor te loop. Nog ‘n drie het gevolg en die tuisspan se eindtelling was 47.
Met die oorwinning in die sakkie het die Luiperds effens verslap en die besoekers het dit uitgebuit om twee vinnige drieë te gaan druk, waarvan een verdoel is om hulle telling na 22 te neem.
Die Luiperds se punte is aangeteken deur Louis van der Westhuizen, Muziwandile Mazibuko, Dean Stokes, Evardi Boshoff, Gerhard Nortier (2) en Marius Stander. Schalk Hugo het ses van die drieë verdoel. Grens het drie drieë gedruk
Saterdag lê die “Purple People Eaters”, die Griffons, in Welkom voor en die volgende Vrydagmiddag die Valke in Potchefstroom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button