Harde wedvlug vir duiwe vanaf Aberdeen

By PPK het die ou skoolhoof Faan de Beer sy wenresep reggekry en die ope 1 wedvlug vanaf Aberdeen gewen. Fanie de Beer, behaal die 1ste, 4de en 5de plekke met ’n wenspoed van 100m/min – die swaarste wedvlug nog vir 2018. Marnus Nel se duif neem die 2de en 10de plekke in met Rassie …

By PPK het die ou skoolhoof Faan de Beer sy wenresep reggekry en die ope 1 wedvlug vanaf Aberdeen gewen.
Fanie de Beer, behaal die 1ste, 4de en 5de plekke met ’n wenspoed van 100m/min – die swaarste wedvlug nog vir 2018. Marnus Nel se duif neem die 2de en 10de plekke in met Rassie de Jager 3de en 9de.
In die Ope 2 wedvlug vat Kirsten-hokke die louere met 1ste, 6de, 9de en 10de plekke.
Nel is wel steeds voor in die ope-afdeling met 3274 punte. Stassen is 2de op 3207 punte en Arrie Marais derde met 2322 punte.
By MRK kraai Johan Schlebusch koning in die ope 1 wedvlug met Hennie Aucamp wat 2de en 3de plekke neem. In die ope 2 wedvlug vlieg Des Humpel se duif ’n eerste plek los met Schlebusch wat hier 2de plek vat.
Schlebusch is steeds voor in die algehele afdeling met 3657 punte, terwyl Moolman in die ope-afdeling op 1974 punte voor vlieg.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version