SportSport

Nortier lei Luiperds na naelbytoorwinning

Net toe dit gelyk het of die Luiperds al die pad George toe gereis het om hulle Curriebekerseisoen met ‘n skrale nederlaag te begin, het die geluk in die 79ste minuut in hulle kant toe geswaai toe Luiperds senter, Gerhard Nortier met ‘n strafskop ‘n 27-25 oorwinning teen die SWD Arende beklink het. In ‘n …

Net toe dit gelyk het of die Luiperds al die pad George toe gereis het om hulle Curriebekerseisoen met ‘n skrale nederlaag te begin, het die geluk in die 79ste minuut in hulle kant toe geswaai toe Luiperds senter, Gerhard Nortier met ‘n strafskop ‘n 27-25 oorwinning teen die SWD Arende beklink het.

In ‘n ware wip-wa wedstryd het die Luiperds en die Arende op Outeniqua Park talle kere die telbord in hulle guns gehad en met nog 3 minute oor was die Luiperds 24-22 voor nadat Nortier se drie verdoel het.

Die SWD Arende se Leighton Eksteen het toe die tuisspan met ‘n strafskop laat voorloop, voordat ‘n eindste strafskop net ‘n minuut later gekelder het.

Tapiwa Mafura en Boela Venter het die ander twee drieë vir die Luiperds gedruk. Altwee hierdie drieë het in die eerste helfte gekom met die Luiperds wat ‘n 17-15 voorsprong met lemoentyd gehad het.

Lees meer oor hierdie wedstryd in komende week (30 Augustus) se Potchefstroom Herald. 

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button