SportSport

Geskiedenis vir Laerskool Baillie Park met eerste mini-astro

’n Droom het op Maandag 13 Augustus vir Laerskool Baillie Park waar geword toe hulle met behulp van die Trompie Groep amptelik hulle eerste mini-astroturfbaan bekendgestel het. Hierdie astroturfbaan sal as ‘n doeltreffende en op ‘n tweedoelige manier gebruik word vir beide hokkie en netbal en sal natuurlik vir die jong laerskool hokkiespelers die geleentheid  …

’n Droom het op Maandag 13 Augustus vir Laerskool Baillie Park waar geword toe hulle met behulp van die Trompie Groep amptelik hulle eerste mini-astroturfbaan bekendgestel het.

Hierdie astroturfbaan sal as ‘n doeltreffende en op ‘n tweedoelige manier gebruik word vir beide hokkie en netbal en sal natuurlik vir die jong laerskool hokkiespelers die geleentheid  gee om gewoond te raak aan hierdie speeloppervlak.

Die Suid-Afrikaanse vroue hokkiekaptein, Sulette Damons, was betrokke met die opening van die baan en het al haar ervaring en goeie raad met die skool se blinkoog hokkiespelers gedeel.

Foto’s: Barco Greeff

“Dit is die eerste van sy soort in Potchefstroom en is ‘n waardige toevoeging tot Laerskool Baillie Park. Die hokkiespanne word sodoende beter geakkommodeer. Dit gaan ons hokkie ‘n groot hupstoot gee,” het mnr. Rieme Redelinghuys, onderhoof van Laerskool Baillie Park, genoem.

“Ons is baie opgewonde oor Baillie se hokkie toekoms. Die kinders geniet hulle gate uit om op die astroveld te oefen. Ons is baie dankbaar om ‘n astroveld by die skool te kan hê. Ons is baie trots op ons skool en ons dank die Liewe Vader vir ons talente om hokkie te kan speel,” het Marili Grobler, hokkie organiseerder en afrigter van Laerskool Baillie Park, gesê.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button