SportSport

Ferdies val vas teen Edenvale in Virsekerbekereindstryd

So naby, maar tog so vêr. Dit was die woorde op elke Ferdies speler en ondersteuner se lippe verlede Saterdag by die LC de Villiers-stadion. In ‘n klipharde en senutergende Virsekerbeker divisie 4 eindstryd het Ferdies met 19-14 teen Edenvale vasgeval. Die manne het klipharde rugby gespeel. Ferdies was vroeg in die wedstryd 7-0 voor …

So naby, maar tog so vêr. Dit was die woorde op elke Ferdies speler en ondersteuner se lippe verlede Saterdag by die LC de Villiers-stadion.

In ‘n klipharde en senutergende Virsekerbeker divisie 4 eindstryd het Ferdies met 19-14 teen Edenvale vasgeval.

Die manne het klipharde rugby gespeel. Ferdies was vroeg in die wedstryd 7-0 voor met ‘n drie gedruk deur Jaco-Carel Badenhorst. Dit was nie lank nie of die span het weer agter die doellyn gaan kuier – die keer was dit Marco Snyman. Albei skoppe is verdoel deur Resego Matsemela.

Die halftydtelling was 14-0. Te veel foute het wel toegelaat dat Edenvale in die tweede helfte teruggekom het. Met die telling gelykop met ‘n paar minute oor, het Ferdies steeds moedig voortgeveg. ’n Drie in die laaste paar minute deur die senter van Edenvale het Ferdies se lot verseël.

Ferdies se afrigter, Jacques Geldenhuys, was steeds trots op sy span se seisoen vanjaar, te midde van die nederlaag.

“Baie geluk aan die span met deurlopende goeie spel tydens die afgelope rugbyseisoen,” het hy genoem.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button