Patria weer die NWU koshuisrugbykonings na 23-20 wen teen Over de Voor

Vir ‘n ongelooflike sesde jaar in ‘n ry het Patria Manskoshuis se eerste rugbyspan, die Blues, dit reggekry as die NWU se beste rugbyspan bekend te staan nadat hulle vir Over de Voor met 23-20 geklop het. ‘n Strafskop van Patria se binnesenter, Danco Burger, met die laaste skop van die wedstryd was genoeg om …

Vir ‘n ongelooflike sesde jaar in ‘n ry het Patria Manskoshuis se eerste rugbyspan, die Blues, dit reggekry as die NWU se beste rugbyspan bekend te staan nadat hulle vir Over de Voor met 23-20 geklop het.

‘n Strafskop van Patria se binnesenter, Danco Burger, met die laaste skop van die wedstryd was genoeg om die wedstryd te beklink.

Met hierdie oorwinning verseker Patria nou ook weer hulle plek as die NWU se verteenwoordiger in volgende jaar se Varsity Koshuisliga.

Foto’s: Wouter Pienaar

Dit was so naby maar tog so ver vir Overs, wat die wedstryd volstoom begin het. Linkervleuel, Dylan Botha, het vroeg in die hoekie oorgeduik met losskakel, Essie Jansen van Rensburg wat die drie verdoel. Kort daarna het Patria se op en wakker heelagter, Marnus Uys twee vinnige drieë gedruk om sy span weer die voorspong te gee.

Overs het danksy Jansen van Rensburg se skopvoet steeds ‘n voet in die deur gehad en het op ‘n stadium gelyk of hulle ‘n oorwinning kan inpalm veral nadat skrumskakel, Janco Schiekerling onder die pale oorduik. In die laaste tien minute het Patria se haker, Christo Badenhorst sy stempel met ‘n drie afgedruk en daarna het die bekerwenners momentum begin bou voordat Burger met sy skop het.

https://www.nbcarsales.co.za/

 

Exit mobile version