Mooirivier se landloopatlete behaal silwer by Super 12

Op Saterdag, 4 Augustus het Laerskool Mooirivier se landloopspan aan die Super 12-kompetisie by Konka naby Rustenburg deelgeneem. Vier atlete van 18 skole het in elke ouderdomsgroep deelgeneem. Daar het dus 72 atlete vir elke wedloop aangetree. Die dogters o.12-span het ’n silwermedalje verower, terwyl die seuns o.11 landloopspan ook dieselfde kleur medalje huis toe …

Op Saterdag, 4 Augustus het Laerskool Mooirivier se landloopspan aan die Super 12-kompetisie by Konka naby Rustenburg deelgeneem. Vier atlete van 18 skole het in elke ouderdomsgroep deelgeneem. Daar het dus 72 atlete vir elke wedloop aangetree. Die dogters o.12-span het ’n silwermedalje verower, terwyl die seuns o.11 landloopspan ook dieselfde kleur medalje huis toe gebring het.

Die Dogters o.12-span het ‘n silwermedalje tydens die Super 12-landloopbyeenkoms verower. Voor: Tumé van Niekerk, Willemien van der Linde, Willie Lubbe (afrigters) en Riani Maree. Agter: Mari-Louise van Zyl en Alri Verster.

Die Seuns o.11-span het ‘n silwermedalje tydens die Super 12-landloopbyeenkoms verower. Voor: Bertus van der Linde, Willemien van der Linde, Willie Lubbe (afrigters) en Ruan van Niekerk. Agter: Orabile Tselane en Duyn Lombard.

https://www.nbcarsales.co.za/
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version