SportSport

NWU se Van Dyk en Links skitter by Afrika-kampioenskappe

By die onlangse Afrika Atletiekkampioenskappe in Asaba, Nigerië waar Suid-Afrika ‘n algehele tweede plek behaal het, het ‘n paar NWU atlete ook hulle stempel afdruk. Hierdie kampioenskappe wat vanaf 1-5 Augustus by die Stephen Keshi-stadion plaasgevind het, was ‘n goeie een vir Jo-Ané van Dyk wat met ‘n gooi van 53.72 meter ‘n tweede plek …

By die onlangse Afrika Atletiekkampioenskappe in Asaba, Nigerië waar Suid-Afrika ‘n algehele tweede plek behaal het, het ‘n paar NWU atlete ook hulle stempel afdruk.

Hierdie kampioenskappe wat vanaf 1-5 Augustus by die Stephen Keshi-stadion plaasgevind het, was ‘n goeie een vir Jo-Ané van Dyk wat met ‘n gooi van 53.72 meter ‘n tweede plek behaal het. Mpho Links was nog ‘n NWU medaljewenner in sy SA kleure met ‘n derde plek in die mans hoogspring. Links het met ‘n sprong van 2.15 meter sy podiumplek behaal.

Johann Grobler was vierde in die mans spiesgooi met ‘n afstand van 74.49 meter. Tshepang Makhethe het ook ‘n vierde plek behaal in die mans hamergooi-item met ‘n afstand van 68.81 meter. Sy mede NWU-hamergooier, Alan Cumming kom hier in die sesde plek met ‘n afstand van 67.37 meter.

Riëtte Heyns moes ook met vierde plek in die vroue diskus-item tevrede wees met ‘n afsatand van 52.41 meter. Ariane Nel behaal ook ‘n vierde plek in 4x100m aflos item vir haar land.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button