Ferdies se rugbyspanne wys gees in Virsekerbeker

Hoërskool Ferdinand Postma se o.15 en o.17 rugbyspanne is albei na puik oorwinnings in die Virsekerbeker se derde divisie deur na die halfeindstryde nadat hulle die afgelope naweek op hulle tuisvelde hulle stempel afgedruk het. Die o.17-span het na ‘n lang gestoei teen Lyttleton Manor op die ou einde met 13-5 geseëvier in ‘n nukkerige …

Hoërskool Ferdinand Postma se o.15 en o.17 rugbyspanne is albei na puik oorwinnings in die Virsekerbeker se derde divisie deur na die halfeindstryde nadat hulle die afgelope naweek op hulle tuisvelde hulle stempel afgedruk het.

Die o.17-span het na ‘n lang gestoei teen Lyttleton Manor op die ou einde met 13-5 geseëvier in ‘n nukkerige stryd waar hanteerfoute aan beide kante die algehele vloei van die wedstryd belemmer het. Tesame met ‘n sterk Augustuswind moes hierdie twee spanne ook met meer as hulle opponente kompeteer.

Foto’s: Wouter Pienaar

Divan Potgieter, Ferdies se o.17 losskakel voer nog 'n aanval aan.

Ferdies se speler van die wedstryd was hulle loskakel, Divan Potgieter, wat altyd gevaarlik met die bal in sy hand gelyk het en vorentoe momentum besorg het. Potgieter het ook ‘n groot hand in Ferdies se wendrie gehad toe hy soos ‘n mes deur botter gesny het. Na dié skitterlopie het hy die bal vir die slot, Stephan Bronkhorst, aangegee om oor te duik. Hierdie stukkie spel het Ferdies se hoofafrigter, Funani Mabala, sowel as die ouers en leerders langs die kantlyn luidrigtig laat juig.

Ferdies het hierna met meer oortuiging gespeel en het ‘n paar harde duikslae uitgevoer om Lyttleton Manor se kanse vir ‘n drie in die doodsnikke te keer. Ferdies se krygers het na ‘n lang tydperk van balbesit daarin geslaag om ‘n broodnodige strafskop voor die pale te wen en sodoende het Pogieter die laaste sê met ‘n skop tussen die mikke gehad.

Ferdies se o.17-span het gister teen Hoërskool Christiana in die half-eindstryd van die Virsekerbeker in ‘n wegwedstryd gespeel. Ferdies het in hierdie wedstryd wel die onderspit gedelf.

Die skool se o.15-span het vir Curro Bankenveld met 27-7 geklop en gaan nou teen Hoërskool Koster in die halfeindstryd komende Maandag (13 Augustus) in ‘n tuiswedstryd speel.

https://www.nbcarsales.co.za/
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version