SportSport

Gimmies Premierliga gaan kookwater krieket oplewer

Dit is hierdie week weer tyd vir die altyd opwindende Gimmies Premier Krieketliga (T20) om die krieketseisoen by dié skool behoorlik te begin. In hierdie toernooi wat vanaf 6-10 Augustus by die Mooivallei Sportgronde en Gimmie Oval plaasvind is daar 5 spanne (LVO Pikke, Wyma Makelaars Blues, RJ Grawe, CSS Greys en Renegade Ankers) wat …

Dit is hierdie week weer tyd vir die altyd opwindende Gimmies Premier Krieketliga (T20) om die krieketseisoen by dié skool behoorlik te begin.
In hierdie toernooi wat vanaf 6-10 Augustus by die Mooivallei Sportgronde en Gimmie Oval plaasvind is daar 5 spanne (LVO Pikke, Wyma Makelaars Blues, RJ Grawe, CSS Greys en Renegade Ankers) wat mekaar gaan aanvat. Vroeër in Junie is daar ‘n spesiale loting gehou waar 68 Gimmie krieketspelers in spanne opgedeel is, wat ’n krag teen krag ervaring gaan skep.
Altesaam gaan daar 15 wedstryde plaasvind waarvan daar ‘n Koshuis teen Dorp wedstryd sowel as ‘n wedstryd waar die 5de geplaasde span teen die Gimmie “Old Boys” gaan kompeteer.
Die eindstryd sal 14:30 op die Gimmie Oval plaasvind en die hele week behoort ‘n fantastiese ervaring vir enige krieketliefhebber te wees.
Hierdie toernooi gee ook ‘n gulde geleentheid vir junior en senior Gimmie-krieketspelers om teen mekaar te kompeteer en ook by mekaar te leer voor die Noordwesliga oor twee weke amptelik begin.
Volgens Gimmies se eerstespan afrigter, Wian Lubbe, is hierdie toernooi ‘n geleentheid vir die spelers om hulle staal op die veld te wys. “Hierdie toernooi dien as proewe en gee spelers die geleentheid om in wedstrydsituasies te wys wat hulle kan doen.
Dis beter as om net in die nette te oefen. Wat die toernooi ook lekker maak is dat spelers in Graad 8 kans het om saam met matriekspelers in dieselfde span te speel en so ook hulle kennis op te bou,” noem hy.
Donderdag op Nasionale Vrouedag is hierdie toernooi se feesdag waar daar ’n lekker spitbraai gehou word en aksie alreeds vanaf 08:30 begin.
In die hoofwedstryd gaan ’n o.13-uitnodigingspan teen Gimmies se o.14-span kragte meet, wat ’n interessante stryd kan wees.

Bepalings:
Dinsdag 7 Augustus
14:30: LVO Pikke vs Renegades Ankers – Oval
14:30: Wyma Makelaars Blues vs Renegade Ankers
Woensdag 8 Augustus
14:30: Renegade Ankers vs CSS Greys – Oval
14:30: RJ Grawe vs LVO Pikke – Mooivallei
Donderdag 9 Augustus
08:30: RJ Grawe vs Wyma Makelaars Blues – Oval
08:30: LVO Pikke vs CSS Greys – Mooivallei
11:30: LVO Pikke vs Renegades Ankers – Oval
11:30: Wyma Makelaars Blues vs CSS Greys – Mooivallei
14:30: o.13-uitnodiging vs Gimmies o.14 – Oval
Vrydag 10 Augustus
08:30: 4de vs 3de – Oval / 5de vs Old Boys – Mooivallei 11:30 Koshuis vs Dorp – Oval
14:30: Eindstryd

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

Back to top button