Gimmies se hokkiespanne kry derde plek in Noordvaal hokkietoernooi

Potchefstroom Gimnasium se top seunshokkiespanne het die afgelope week aan verskeie Noordvaal-toernooie regoor die land deelgeneem en algeheel derde uit 12 skole geëindig. Gimmies se o.14-span het die beste gevaar met ‘n silwermedalje plasing, nadat hulle in die eindstryd teen Hoërskool Menlopark 0-3 by Curro Klerksdorp verloor het. Die o.16-span het ‘n derde plek behaal …

Potchefstroom Gimnasium se top seunshokkiespanne het die afgelope week aan verskeie Noordvaal-toernooie regoor die land deelgeneem en algeheel derde uit 12 skole geëindig.

Gimmies se o.14-span het die beste gevaar met ‘n silwermedalje plasing, nadat hulle in die eindstryd teen Hoërskool Menlopark 0-3 by Curro Klerksdorp verloor het.
Die o.16-span het ‘n derde plek behaal nadat hulle 4-2 met HTS Witbank afgereken het.

Dit was wel teleurstellend dat die eerstespan op tuisbodem net ‘n sesde plek kon behaal na ‘n puik begin op die NWU Astro. Gimmies het Menlopark in hulle eerste wedstryd met 3-1 geklop, voordat hulle Ben Vorster met 5-1 kafgedraf het.

Gimmies verloor hulle kwarteindstryd teen Oosterland met 2-4 in agt sekonde strafhoue om hulle kans vir podiumplekke te vernou. Ironies genoeg, het Gimmies toe in die uitspeelwedstryd vir 5de en 6de plek teen Menlopark met 3-1 verloor, wat ‘n presiese ommekeer van die groepwedstryd was. Van Gimmies se sterre op die astro was Landré Halgryn, FC de Villiers en AC van der Westhuizen.

 

Die ander Potchefstroomse skool wat in die A-afdeling (o.19 toernooi) deelgeneem het, was Potchefstroom Boys High. Al het hulle 10de geëindig, kan daar steeds goeie dinge van hulle spel gesê word waar hulle in taai wedstryde betrokke was. Vir Boys High was hulle doelwagter, Atlegang Phetoane puik, met kaptein Simphiwe Sindwa wat ook met hart en siel die donkerblou en oranje troepe gelei het.

Dit is gewis ‘n feit dat die Noordvaaltoernooi een van die moeilikste kompetisies vir skole noord van die Vaalrivier is en een fout kan ‘n wedstryd en toernooi vir ‘n skool draai.

Algeheel eindig Hoërskool Garsfontein eerste met 33 punte, met Hoërskool Menlopark wat die tweede plek met 32 punte behaal. Gimmies eindig derde met 28 punte.
Potchefstroom Gimnasium se Noordvaal uitslae:
o.14
Poelwedstryde: Wen teen Monument 5-1, wen teen Pietersburg 2-1
Kwartfinaal: Wen teen Secunda 1-0
Semifinaal: Wen 4-3
Finaal: Verloor teen Menlopark 0-3
o.16
Poelwedstryde: Verloor teen Menlopark 0-2, wen teen Krugersdorp 2-1
Kwartfinaal: Wen teen Pietersburg 1-0
Semifinaal: Verloor teen Garsfontein 5-0
Finaal: Wen teen HTS Witbank 4-2
Eerstespan:
Poelwedstryde: Wen teen Menlopark 3-1, wen teen Ben Vorster 5-1
Kwartfinaal: Verloor teen Oosterland 2-4 in 8 sekonde strafhoue
Semifinaal: Wen teen Noordheuwel 4-2 in 8 sekonde strafhoue
Finaal: Verloor teen Menlopark 3-1

Exit mobile version