SportSport

Potchefstromers bring hulde na die skielike afsterwe van bekende ultramarathon-atleet

Die skielike afsterwe van die bekende Potchefstroomse ultramarathon-atleet, Gabriël Colyn (51) laat ‘n groot leemte in die gemeenskap. Colyn, of Gabby, soos baie mense hom geken het, is vermoedelik aan ‘n hartaanval oorlede tydens die Salga-padwedloop wat op Saterdag 28 Julie in Klerksdorp plaasgevind het. Colyn het aan die 10 km-wedloop deelgeneem, maar toe halfpad …

Die skielike afsterwe van die bekende Potchefstroomse ultramarathon-atleet, Gabriël Colyn (51) laat ‘n groot leemte in die gemeenskap.
Colyn, of Gabby, soos baie mense hom geken het, is vermoedelik aan ‘n hartaanval oorlede tydens die Salga-padwedloop wat op Saterdag 28 Julie in Klerksdorp plaasgevind het.
Colyn het aan die 10 km-wedloop deelgeneem, maar toe halfpad inmekaargesak. Ondanks atlete en mediese personeel se hulp kon hulle hom nie stabiliseer nie.
Hierdie atleet wat met sy afsterwe deel van Klerksdorp Marathonklub was, en ook onder verskeie Potchefstroomse klubs deelgeneem het, sal onthou word vir byna 40 jaar se betrokkenheid aan padwedlope.

Gabriel’s got guts for Dad

Sy grootste prestasie was die voltooiing van die uitdagende 2015 Kalahari Woestynmarathon wat hy aan sy oorlede pa Gawie, opgedra het.
Sy ouers, Gawie en Maureen, was vir jare as skeidsregterspaar in Noordwes bekend. Colyn het die Twee Oseane Marathon 33 keer voltooi en ook die Comrades Marathon 24 keer klaargemaak. Hy het werklik vir die sport geleef en gesterf terwyl hy gedoen het waarvoor hy die liefste was.

Hy sal vir sy nederigheid en passie onthou word waar hy meeste van sy tyd in sy hardloopskoene deurgebring het.
Colyn was ook ‘n bekende gesig in Potchefstroom langs die sportvelde en sy ondersteuning van Volkies se eerstespan was ook iets wat hy op sy mou gedra het.
Volkies se eerstespan afrigter, Daan Seymore, het op sosiale media juis Colyn se teenwoordigheid en belangstelling gedeel. “Hy was ’n groot ondersteuner van

Volkies se eerste rugbyspan en het baie middae kom kyk hoe oefen die seuns. Verlede Saterdag teen Wesvalia in die finaal het hy nog ’n banier gemaak en ‘n foto saam met die seuns geneem.”

Die Suid-Afrikaanse atleet, Shadrack Hoff het ook sy medelye betoon: “Sal nooit vergeet hoe hy altyd vir my gesê het toe ek die heel eerste keer Wes-Transvaalse kleure gekry het, dat ek nog eendag ‘n groot naam gaan word in atletiek. Laat hy in vrede rus. Oom Gabby.”
Sy roudiens word op Maandag 6 Augustus om 11:00 vanuit die Deo Gloria-gemeente in Potchefstroom gehou.

Related Articles

 
Back to top button