SportSport

Passievolle hokkieafrigter het groot drome

In enige goeie spansport speel ‘n afrigter ‘n merkwaardige rol om nie net sy span gefokus te hou nie, maar ook sy passie en opgewondenheid na die spelers deur te syfer. Die jong plaaslike hokkieafrigter en skeidsregter, Ruben Smith, is een van hierdie afrigters wat ‘n klaarblyklike verskil op en van die veld af maak …

In enige goeie spansport speel ‘n afrigter ‘n merkwaardige rol om nie net sy span gefokus te hou nie, maar ook sy passie en opgewondenheid na die spelers deur te syfer.
Die jong plaaslike hokkieafrigter en skeidsregter, Ruben Smith, is een van hierdie afrigters wat ‘n klaarblyklike verskil op en van die veld af maak en groot drome koester.

Ruben Smith is 'n talentvolle plaaslike hokkieafrigter en skeidsregter wat 'n ongelooflike passie vir die sport het. Hy rig tans Gimmies se hokkiespanne af en het ook onlangs die Noordwes o.14A-span na 'n 5de plek by die 2018 Interprovinsiale Toernooi gestuur. Foto: Wouter Pienaar
Ruben Smith is ‘n talentvolle plaaslike hokkieafrigter en skeidsregter wat ‘n ongelooflike passie vir die sport het. Hy rig tans Gimmies se hokkiespanne af en het ook onlangs die Noordwes o.14A-span na ‘n 5de plek by die 2018 Interprovinsiale Toernooi gestuur. Foto: Wouter Pienaar

“My visie is om regtig positief te wees met alles wat ek aanpak en hokkie in die provinsie te bevorder. My groot droom is om ‘n Suid-Afrikaanse span af te rig.”

As ’n mens so na Ruben luister, sal jy nie dink dat hy op skool die tragedie moes beleef om sy ma en broer in ‘n jaar se tyd aan die dood af te staan nie. Hy moes toe noodgedwonge by sy pa in Kroonstad gaan bly.

Ruben het toe hy in graad 11 was, besluit om ‘n skuif na Potchefstroom te maak.

“Die lewe het al baie draaie op my gemaak en ek moes sterk staan, al was dit baie moeilik,” vertel Ruben.

Twee weke voor die eksamen in graad 11 het Ruben by Potchefstroom Gimnasium ingeskakel en dadelik tuis gevoel toe hy in Soekie Coertzen se klas vol hokkiefoto’s ingestap het.

“My passie vir hokkie het ongelooflik in my tyd op skool in Gimmies gegroei en aan die einde van graad 12 het ek besluit om onderwys te gaan studeer en my passie vir kinders ook uit te leef.
“Ek glo onderwys en sport werk goed saam met mekaar en sal verdere deure vir my oopmaak,” vertel Ruben, wat tans ook betrokke is by Gimmies se hokkieafrigting.

Een deur wat vir Ruben juis onlangs oopgegaan het, was toe hy die Noordwes o.14A-span by die 2018 Interprovinsiale Toernooi by Jeppe Boys High in Johannesburg gaan afrig het en dié span na ‘n merkwaardige 5de algehele plek gelei het.
“Die uitdaging was ongelooflik groot om in ‘n maand se tyd na ‘n nuwe span toe te skuif nadat ek voorheen net by die o.16B-span betrokke was.
“Ek het die toernooi sonder groot verwagtinge aangepak aangesien dit my eerste jaar was. Dit was vir my belangriker dat die hokkiespelers verbeter en iets leer. Wat moes gebeur sou gebeur,” verduidelik Ruben.

Noordwes se o.14A-span het teen groot kanonne soos Suid-Gauteng A, Oos-Gauteng A, KwaZulu-Natal Binneland B en KwaZulu-Natal A gespeel. Dit is juis die provinsies waar daar ‘n sterk hokkiekultuur is.
In die uitspeelronde het sy span ’n terugslag beleef toe hulle 7-0 teen KwaZulu-Natal Binneland A verloor het en na ‘n positiewe motiveringsessie het die span hulle veggees in die latere rondes begin wys.

Ruben Smith sit al sy fokus op die wedstryd wanneer hy van die kantlyn afrig.
Ruben Smith sit al sy fokus op die wedstryd wanneer hy van die kantlyn afrig. Foto: Wouter Pienaar

“Ons span het toe weer teen KZN Binneland B in die semi-finale vir posisie 5 en 6 gespeel en toe het ons 2-1 gewen. In die eindstryd vir 5de en 6de plek het ons Mpumalanga daarna 2-2 geëindig het met strafdoele gewen.
“Vir my as ‘n afrigter was dit ongelooflik om die vreugde op hulle gesigte te sien, geen geld in die wêreld kan dit koop nie.”
Ruben wat al sy vlak 0 en 1 afrigtingskursus by Sheldon Rostron (hoofafrigter van die NWU manshokkiespan) voltooi het, sien uit na die toekoms waar hy net sy talente verder wil ontwikkel.
“Hierdie toernooi wat nou verby is het vir my ‘n goeie grondslag as afrigter gegee.
“Ek glo met die ondersteuning wat ek ontvang en met my visie sal ek presteer. Ek droom groot en as jou drome jou nie skrikmaak nie, is dit nie groot genoeg nie.”

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

 
Back to top button