SportSport

Brons vir NWU Tennis by USSA-toernooi

‘n Nuwe generasie tennisspelers het die NWU by die afgelope USSA Tenniskampioenskappe wat vanaf 2 tot 6 Julie by Kovsies in Bloemfontein gehou is trots gemaak, toe die A-span ‘n puik derde plek behaal het. Onder die afrigting en leiding van Riaan Venter (NWU Tennis hoofafrigter) het hierdie groep uitgeblink met vyf spelers wat ook …

‘n Nuwe generasie tennisspelers het die NWU by die afgelope USSA Tenniskampioenskappe wat vanaf 2 tot 6 Julie by Kovsies in Bloemfontein gehou is trots gemaak, toe die A-span ‘n puik derde plek behaal het.

Onder die afrigting en leiding van Riaan Venter (NWU Tennis hoofafrigter) het hierdie groep uitgeblink met vyf spelers wat ook die voorreg het om in die tennisgroep vir die 2019 Universiade in Italië volgende jaar deel te neem.

Hulle is Margot Landman, Nadine de Villiers, Wilanie van Zyl, Hubert Badenhorst en Janré Viljoen. Venter is ook self genomineer as een van die SA Studenspan se afrigters vir die bogenoemde Universiade.

“Dit was vir ons belangrik om as ‘n span saam te speel en dit het nie noodwendig oor individuele prestasies gegaan nie,” noem Badenhorst.
“Ons is ook ‘n baie jong span en ek glo ons het ons beste gegee teen meer ervare spanne by USSA’s.

Ons het ons toernooi met ‘n wen teen Maties afgesluit wat goed was, nadat ons in die halfeindstryd teen Tukkies bietjie vasgehak het,” noem Van Zyl. Van Zyl glo ook dat die huidige groep NWU tennisspelers goeie energie het en goed saamspeel al is hulle nog jonk.

“Almal bou mekaar op en daar is ‘n hegte spaneenheid, al is tennis in opsigself ‘n baie individuele sport.”
Die NWU se B-span wen vir die derde agtereenvolgende jaar die goud met ‘n puik vertoning.
Hulle speel teen onder andere NMU, Wits en UCT se 1ste spanne, sowel as Tukkies en Maties se Hoë prestasie B-spanne.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

 
Back to top button