NWU swemmers maak naam by Sasol Winterswemkampioenskappe

NWU-swemmers het van 25 tot 30 Junie die koue aangedurf tydens die Sasol Nasionale Winterswemkampioenskappe wat in Sasolburg gehou is. 37 swemklubs het deelgeneem. Die byeenkoms is die eerste gala van die nuwe swemseisoen en die swemmers het reeds puik prestasies gelewer, wat beloof om later in die swemseisoen vir groot opwinding te sorg. Die …

NWU-swemmers het van 25 tot 30 Junie die koue aangedurf tydens die Sasol Nasionale Winterswemkampioenskappe wat in Sasolburg gehou is. 37 swemklubs het deelgeneem. Die byeenkoms is die eerste gala van die nuwe swemseisoen en die swemmers het reeds puik prestasies gelewer, wat beloof om later in die swemseisoen vir groot opwinding te sorg.
Die swemmers het ‘n baie verdienstelike eerste plek vir die swemmers 17 jaar en ouer (senior klub) tydens die nasionale prestige byeenkoms behaal.

Morné van der Bank van die NWU tydens die 2018 Sasol Nasionale Winterswemkampioenskappe.

Die volgende swemmers het gesorg vir die wen: Nadia Blaauw (4 goud-, 3 silwer- en 1 bronsmedaljes), Licinda Kleynhans (1 silwer- en 3 bronsmedaljes), Cornelle Leach, Cornell Loubser (2 silwer- en 1 bronsmedalje), Danielle Luyt (2 silwermedaljes), Marné Meier (5 silwer- en 1 bronsmedalje), Lindie Meyer, Annien Muller (2 bronsmedaljes), Matt Roos (1 bronsmedalje), Francois Snyman, Courtney van Biljon (2 silwer- en 1 bronsmedalje), Morné van der Bank (1 silwer- en 4 bronsmedaljes), Rudy van Graan en Franco van Niekerk (1 silwermedalje).

https://www.nbcarsales.co.za/
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version