SportSport

NWU fietsryers presteer by USSA-kampioenskappe

In haar tweede USSA-fietsrykampioenskappe het die NWU se Kristen “Nooi” Louw die speke laat sing om die wisseltrofee in die bergfiets-afdeling vir vroue in te palm. Louw het ook ’n indrukwekkende algehele derde plek in die padfietsafdeling behaal na vier dae se strawwe kompetisie teen die land se top universiteite wat vanaf 3 tot 7 …

In haar tweede USSA-fietsrykampioenskappe het die NWU se Kristen “Nooi” Louw die speke laat sing om die wisseltrofee in die bergfiets-afdeling vir vroue in te palm.

Louw het ook ’n indrukwekkende algehele derde plek in die padfietsafdeling behaal na vier dae se strawwe kompetisie teen die land se top universiteite wat vanaf 3 tot 7 Julie  by Tuks in Pretoria gehou is.

Louw was deurgaans die NWU-fietsryspan se beste fietsryer in hierdie kompetisie, waar die mans en dames in hulle pers fietsrydrag hul universiteit trots gemaak en albei 4de algeheel geëindig het.

“Dit was baie harder as laasjaar. Elke dag was vir my ‘n nuwe uitdaging en die veld was baie sterk. Ek het altesaam vyf medaljes deur die loop van die USSA’s, asook die wisseltrofee vir bergfiets behaal. Ek is met die padfiets derde in die algehele klassifikasie,” het sy genoem.

“Ek is ook dankbaar dat ons veilig op die pad was elke dag en dat ek my span kon trots maak.

“Ek sou dit nie alleen kon doen nie. Ek het ’n fantastiese NWU span saam met my gehad en ons bestuurders (Elizma Engelbrecht en Jannie Schoeman) en borge was tops,” brei Louw uit.

Die eerste dag het uit ‘n kort padfiets skof (75km) en ‘n tydtoets (20km) bestaan. Op dag twee het padfietsryers ‘n 135 kilometer roete voltooi en op dag drie met ‘n heuwelklim van 2.6 km en kriterium-skof van 40 km. By die kriterium-skof word daar rondtes voltooi. Op die vierde dag was daar ‘n 35 kilometer bergfiets-skof (XCO) gewees.

Die NWU se Nico Thiart het met sy sesde plek in die algehele klassifikasie die beste van die mansfietsryers gevaar.

“Hierdie jaar was die kompetisie baie groter, aangesien UCT weer deelgeneem het met ‘n sterk groep fietsryers. Ek is gelukkig met my sesde posisie al was dit soms moeilik onder omstandighede omdat ons nie van die top fietsryers soos die ander universiteite het nie,” het Thiart gesê.

Volgens een van die spanbestuurders, Elizma Engelbrecht, was hierdie ‘n suksesvolle USSA-week vir die NWU aangesien daar ’n algehele verbetering teenoor die vorige jaar was.

“Hierdie jaar was die roete baie moeiliker en die sterk wind het ook nie gehelp nie. Tog glo ek dat daar baie opwinding by ons fietsryers is en dat ons elke jaar groei,” het Engelbrecht bygevoeg.

Foto’s: Verskaf

Algehele klassifikasie:

Mans:

Nico Thiart – 6de

Brandon van den Berg – 22ste

Hanre Dreyer – 32ste

Christo Botes – 33ste

Francois Ellis – 38ste

Dames:

Kristen Louw – 3de

Nicolene Marais – 10de

Lizanne du Toit – 18de

Ria Venter – 20ste

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button