NWU Kanoklub baljaar in Jeffreys se branders

Die NWU Kanoklub het hul winter-oefenkamp bietjie interessanter probeer maak as die gewone om ‘n dam roei-roetine. Sodoende is hulle vir vier dae Jeffreysbaai toe om hul balans en stamina in die deinings en golwe te gaan verfyn. Dertien studente het hulself moeg geroei in die branders op ‘n verskeidenheid van bote – twee tipes …

Die NWU Kanoklub het hul winter-oefenkamp bietjie interessanter probeer maak as die gewone om ‘n dam roei-roetine. Sodoende is hulle vir vier dae Jeffreysbaai toe om hul balans en stamina in die deinings en golwe te gaan verfyn.

Dertien studente het hulself moeg geroei in die branders op ‘n verskeidenheid van bote – twee tipes “waveski’s”, twee tipes “sit-on-top” kayaks, vier “surfski’s”, drie tipes witwaterbote en twee prototipe bote spesifiek vir branderry wat goedgunstiglik deur die nuwe maatskappy, Vagabond Kayaks, vir hul geleen is vir die paar dae. Studente wat vantevore geen ervaring van branderry gehad het nie, kon met bietjie aanmoediging en touwysmaak binne ‘n paar uur daarin slaag om groot branders baas te raak.

Ronald Botha vat nog ‘n stewige brander aan.
Manfredd Nieuwoudt wikkel op ‘n brander. Foto’s: Mariska Nieuwoudt

Soos die foto’s sal getuig, was daar heelwat geleenthede vir omval, maar geen ernstige beserings is opgedoen nie. Alhoewel daar nie akkuraat rekord gehou is van hoeveel kilojoules verbrand is nie, het een persoon se sporthorlosie teen 11:00 die oggend al gewys meer as 7km is geroei, en dit slegs in en uit in die branders – voorwaar goeie oefening as mens in ag neem dat die klub elke dag van 8:00-16:30 op die strand was.

https://www.nbcarsales.co.za/
Exit mobile version