Luiperds se jong spelers wys staal teen Griffons by o.13 Cravenweek

Die Luiperds se o.13 Cravenweekspan het na ‘n rowwe begin teen die Westelike Provinsie hulle toernooi by Hoërskool Diamantveld in Kimberley vanaf 2-6 Julie met ‘n 50 persent wenrekord afgesluit. Dit kon maklik drie uit vier wenne vir hierdie span gewees het, maar hulle het by die laaste hekkie teen die Griekwas met 17-15 gestruikel. …

Die Luiperds se o.13 Cravenweekspan het na ‘n rowwe begin teen die Westelike Provinsie hulle toernooi by Hoërskool Diamantveld in Kimberley vanaf 2-6 Julie met ‘n 50 persent wenrekord afgesluit.

Dit kon maklik drie uit vier wenne vir hierdie span gewees het, maar hulle het by die laaste hekkie teen die Griekwas met 17-15 gestruikel. Die Noordwesters het in hulle tweede wedstryd vir Namibië met 27-0 kafgedraf voordat hulle, hulle ou vyande, die Griffons met 27-5 afgeransel het.

Die Luiperds het hulle eerste wedstryd teen ‘n sterk WP-span met 44-5 verloor. WP het die afgelope ses uitgawes gedomineer en is weer as die beste span tydens die o.13 Cravenweek gekroon nadat hulle Boland met 8-5 in die nie amptelike eindstryd geklop het.

Die Luiperds o.16 Grant Khomo-weekspan het wel egter ‘n middelmatige toernooi vanjaar in Kimberley beleef. Hierdie jong span het in hulle eerste wedstryd met 5-24 teen die OP verloor en met 0-34 teen die Griffons aan die verkeerde kant van die telbord geëindig. Die Luiperds se o.16’s kon wel daarin slaag om met een oorwinning huiswaarts te keer toe hulle die Limpopo Bulle met 17-10 geklop het.

Uitslae is as volg:

o.16 Grant Khomo

Luiperds 5-24 O.P.

Luiperds 17- 10 Limpopo Bulle

Luiperds 0-34 Griffons

o.13 Cravenweek

Luiperds 5-44 WP

Luiperds 27-0 Namibië

Luiperds 27-5 Griffons

Luiperds 15-17 Griekwas

https://www.nbcarsales.co.za/
Exit mobile version