SportSport

Henning en Botha maak Potch trots met SA-tweekamptitels

Jare se fietsry en hardloop-ervaring het die bekende Potchefstroomse tandarts, Pieter Henning (65) handig te pas gekom toe hy op Sondag, 1 Julie by die Midmar-dam as die SA Tweekampkampioen in die grootmeesterskategorie (65-69 jaar oud) gekroon is. Henning is een van twee Potchefstromers wat die afgelope naweek in Noordwes kleure uitgeblink het met Alisa …

Jare se fietsry en hardloop-ervaring het die bekende Potchefstroomse tandarts, Pieter Henning (65) handig te pas gekom toe hy op Sondag, 1 Julie by die Midmar-dam as die SA Tweekampkampioen in die grootmeesterskategorie (65-69 jaar oud) gekroon is.

Henning is een van twee Potchefstromers wat die afgelope naweek in Noordwes kleure uitgeblink het met Alisa Botha wat in dié tweekamp kortafstandkampioenskappe ook die SA-titel in haar ouderdomsgroep (35-39) verower het.

“Hierdie is my derde SA Tweekampbyeenkoms en my groot mikpunt was om uit te gaan en te wen. Ek was baie bly en nog steeds bietjie verras toe ek gewen het. Die eerste draf was vir my die moeilikste, maar ek het geweet met die fietsry sou ek goed doen aangesien dit my sterk punt is,” vertel Botha wat in ‘n tyd van 2:24:57 oor die eindstreep is.

Henning het vir die Noordwesspan aan dié tweekampkampioenskappe vir die eerste keer in 22 jaar deelgeneem, maar bewys dat ouderdom maar net ‘n nommer is. Sy kleinkind Aiden, spog reeds dat sy oupa nou Suid-Afrika se nommer een is.

Pieter Henning in aksie. Foto’s: Ronnie Botha en Bertus le Roux

 

“Ek voel regtig soos een van die Here se witbroodjies. Ek kan elke oggend uitgaan en oefen. Daarvoor is ek baie dankbaar.
Dit is ‘n groot genade,” glimlag Henning, wat in ‘n indrukwekkende tyd van 3:37:16 klaargemaak het.

Henning het ook die eerste hardloop-item in ‘n vinnige 49:46 afgelê.

“Die afgelope naweek se SA Tweekampkampioenskappe was beslis vir my ’n hoogtepunt. Ek het ’n goeie vriend se advies gevolg en net die oomblik geniet. Ek het na my liggaam geluister en dat dit my spoed bepaal en nie hoë tegnologiese horlosies en fietsrekenaars nie. Dit het beslis gewerk,” vertel Henning, wat al 12 Ystermanne op sy kerfstok het. Een van die sleutels tot sy sukses is sy daaglikse groepsgebonde oefenroetine en juis hoe hy dit aanpak.

“Natuurlik is die voorbereiding vir ‘n ultra-item harde werk. Eintlik is die deelname op kompetisiedag makliker as die voorafgaande voorbereiding. Vir 30 jaar is my wenresep om deel te wees van ‘n oefengroep. Maandag, Woensdag en Vrydagoggend draf ons so 6-10 kilometer en Dinsdag en Donderdag ry ons so 25km fiets. Die doel is om dit lekker te maak en dat almal dit geniet” vertel hy.

Henning baljaar dan naweke in die Koepel en Klipdriftdam-area op sy fiets met sy gunsteling roete die pad uit na Schoemansdrift, Baskop en Deelfontein tot in Parys, waar waterbottels volgemaak en ’n bier geniet word. Vir Henning gaan elke dag daaroor om memories te maak. “Oefening affekteer my gesondheid dramaties en ek het nie bloeddruk of cholesterolprobleme nie. Ek het ook suiker heeltemal uitgesluit.
“Ek sal bitter graag wil aanhou deelneem solank as wat dit fisies moontlik is,” sê Henning, wat reeds na die volgende wedloop of bergfietsren uitsien waar hy deelneem om niemand te beïndruk nie, maar eerder net om uit dankbaarheid vir die Here se genade lekker te leef.

Hier is foto’s van Alisa Botha se wedloop. Foto’s: Ronnie Botha

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

 
Back to top button