SportSport

Moolman en Schlebusch sê mekaar die stryd aan by MRK

By die Mooirivier Resiesduifklub, blyk dit vanjaar ‘n tweestryd van grootskaalse proporsies tussen Johan Schlebusch en Willem Moolman te wees. Dit is veral na die afgelope naweek se wedvlugte vanaf Smithfield in die Vrystaat. Moolman buit die top twee plekke in die Jaaroud-afdeling en Schlebusch vat derde plek, tesame met plekke 5-10. Schlebusch vat wel …

By die Mooirivier Resiesduifklub, blyk dit vanjaar ‘n tweestryd van grootskaalse proporsies tussen Johan Schlebusch en Willem Moolman te wees. Dit is veral na die afgelope naweek se wedvlugte vanaf Smithfield in die Vrystaat. Moolman buit die top twee plekke in die Jaaroud-afdeling en Schlebusch vat derde plek, tesame met plekke 5-10.

Schlebusch vat wel die kroon in die ope-afdeling, met Moolman wat in hierdie afdeling met 2de en 3de plekke tevrede moet wees.
Schlebusch loop steeds voor in die “Algehele Kampioen” kategorie met 1660 punte teenoor Moolman se 1255 punte. Sake het ook nie verander in die Jaaroud-afdeling nie, met Schlebusch wat hier ook voorloop. Moolman vat hier tweede plek en Hennie Aucamp neem derde plek. Moolman loop wel voor in die Ope-afdeling met 686 punte teenoor Schlebusch se 569. J.J. van Wyk & Seuns beklee die derde plek in die Ope-afdeling.

By Potchefstroom Posduifklub het Salty de Villiers se duiwe in die Jaaroud-afdeling met net 21 sekondes voor Nic Stassen se drie duiwe gewen. Stassen het die 2de, 3de, en 4de plekke ingepalm. Sarel Naude se duiwe het 5de en 7de plekke behaal, met Rassie de Jager in die 6de plek.
In die Ope-afdeling het Sarel Naude se duif met meer as ‘n minuut gewen. Nic Stassen se duiwe het die 2de en 3de plekke ingeneem.
Riaan en Elmarie se duif kom 4de in met Arrie Marais in die 5de plek. Piet Greyling se duif vat die 6de posisie.
Hierdie komende naweek vlieg die duiwe vanaf Hopetown, wat ‘n 450 km wedvlug is.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button