SportSport

Pierre Breitenbach vat silwer in taai stryd met mede-Protea Rudi Jacobs

Rudi Jacobs van Parys rolbalklub was Sondag net te sterk vir sy mede-Protea, Pierre Breitenbach, van die Potchefstroom Rolbalklub. Na ‘n baie gelykopstryd oor die eerste 11 koppe het Jacobs beheer geneem om uiteindelik ‘n baie maklike oorwinning te behaal. Die twee het mekaar ook verlede jaar in die eindstryd gepak en na ‘n uiters …

Rudi Jacobs van Parys rolbalklub was Sondag net te sterk vir sy mede-Protea, Pierre Breitenbach, van die Potchefstroom Rolbalklub.
Na ‘n baie gelykopstryd oor die eerste 11 koppe het Jacobs beheer geneem om uiteindelik ‘n baie maklike oorwinning te behaal. Die twee het mekaar ook verlede jaar in die eindstryd gepak en na ‘n uiters spannende wedstryd, het Breitenbach toe gewen.
Jacobs het oppad na die titel ook teen Michael de Witt (PCC), Jan Theunissen en Pikkie Loots (Klerksdorp) gewen.
Cabous Olivier, nasionale speler van Namibië wat vir Parys speel, het in die kwartfinaal teen Breitenbach verloor na hy hom aanvanklik opdraende gegee het. In die halfeind het Breitenbach teen die voormalige kampioen, Tinus Crous van Klerksdorp, geseëvier.
Daar bly nog twee kampioenskappe hierdie seisoen oor: Die Kampioen van Kampioene waar al die klubs se enkelspelkampioene sake uitspook en dan die Meesters, waar spelers net op uitnodiging speel.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button