Potch Buiteklub kraai koning met groot oorwinning

Op Sondag 10 Junie 2018 het die vierde been van die Noordwes Gholfunie se Scratch Liga plaasgevind by Rustenburg Gholfklub. Die liga word oor vier bene beslis waar nege spanne op ‘n rondomtalie grondslag teen mekaar meeding. Saterdag het die A spanne van Rustenburg, Potchefstroomse Buiteklub en Klerksdorp teen mekaar gespeel in wat effektief ‘n …

Op Sondag 10 Junie 2018 het die vierde been van die Noordwes Gholfunie se Scratch Liga plaasgevind by Rustenburg Gholfklub.
Die liga word oor vier bene beslis waar nege spanne op ‘n rondomtalie grondslag teen mekaar meeding.
Saterdag het die A spanne van Rustenburg, Potchefstroomse Buiteklub en Klerksdorp teen mekaar gespeel in wat effektief ‘n eindstryd was. Potchefstroom het ingegaan as die voorlopers met Klerksdorp ‘n kortkop agter hulle.
Beide Potchefstroom en Klerksdorp het vir Rustenburg geklop en teen mekaar gelykop gespeel.
Dit het Potchefstroomse Buiteklub die wenners van die liga gemaak.
Die span sal nou die Noordwes Gholfunie verteenwoordig in die Noordelike Provinsies se Gross Liga wat in Julie 2018 in Limpopo Provinsie aangebied sal word.
Die B Span van Potchefstroom het die vierde plek ingeneem in die liga.
Die ander uitslae van die afgelope week lyk so:
*Op Woensdag, 6 Junie 2018, het die Klub ‘n IPS kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Henri Swanepoel met 42 punte
2e – Conrad De Swardt net 41 punte
3e – Philip Niemand met 39 punte
*Op Vrydag, 8 Junie 2018, het die NG Kerk, Vyfhoek Gemeente, hulle fondsinsamelingsdag by die Buiteklub aangebied.
Die formaat was ‘n Betterbal en die uitslae was as volg:
1e – SP Campher en Fanie Campher met 59 punte
2e – Manie Smit en Dewald Beukman met 59 punte
*Saterdag, 9 Junie 2018, het Herman Smit Makelaars die Betterbal kompetisie van die Klub geborg. Die wenners was:
1e – Christo Meintjes en Victor Havenga met 49 punte
2e – Lourie van der Merwe en Dewald Smidt met 46 punte
3e – Theo Daly en Willie Venter met 45 punte

https://www.nbcarsales.co.za/
Exit mobile version