SportSport

Luiperds vat Griffons Saterdag in Welkom aan

Die Luiperds het weer aan die verkeerde kant van die telbord geëindig toe hulle die afgelope naweek teen die Sharks XV met 52-24 in die Supersport Uitdaagtoernooi verloor het. Hierdie wedstryd, wat in Piet Retief plaasgevind het, was die sewende nederlaag in die kompetisie vir die Luiperds wat nou komende Saterdag teen die Griffons ‘n …

Die Luiperds het weer aan die verkeerde kant van die telbord geëindig toe hulle die afgelope naweek teen die Sharks XV met 52-24 in die Supersport Uitdaagtoernooi verloor het.
Hierdie wedstryd, wat in Piet Retief plaasgevind het, was die sewende nederlaag in die kompetisie vir die Luiperds wat nou komende Saterdag teen die Griffons ‘n laaste kans het om ‘n wen in te palm.
Dit gaan gewis nie maklik wees nie. Die wedstryd teen die Purple People Eaters vind op hulle tuisveld in Welkom plaas – ‘n plek waar besoekers nie sommer met ‘n oorwinning wegstap nie.
Die Luiperds se hoof uitvoerende beampte, Andries de Kock, is wel van mening dat die Luiperds weer op dreef kom na ‘n moeilike seisoen tot dusver.
“Ons het die SuperSport Uitdaagtoernooi met ‘n bitter jong span met min ervaring aangepak. Maar ons het dit gesien as ‘n leerkurwe en glo dat ons baie beter gaan vaar in die Eersteliga van die Curriebeker. Ons doelwit is om dié liga te wen en selfvertroue terug te bring in die span.”
Beserings aan sleutelspelers het dit ook nie maklik gemaak nie. De Kock sê dat drie van die span se vleuels tans op die krukkelys is.
De Kock sê verder dat daar ‘n besliste verbetering in die span se vertonings in die laaste paar wedstryde was toe hulle met die omdraaislag teen Vrystaat en Griekwas voorgeloop het, net om weer in die laaste klompie minute uit te sak.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

Back to top button