SportSport

Gimmies en Volkies gaan slaags raak Saterdag in Virsekerbeker halfeindstryd

Hoërskool Klerksdorp gaan Saterdag 16 Junie die slagveld vir die Virsekerbeker Afdeling 2 se Noordwesliga halfeindstryde wees. Die prys is ‘n plek in die eindstryd en dit gaan, met ou vyande wat mekaar pak, gewis nie maklik wees nie. Potchefstroom Gimnasium gaan Hoër Volkskool Potchefstroom in die een halfeindstryd aanvat en die gasheer, Hoërskool Klerksdorp, …

Hoërskool Klerksdorp gaan Saterdag 16 Junie die slagveld vir die Virsekerbeker Afdeling 2 se Noordwesliga halfeindstryde wees.
Die prys is ‘n plek in die eindstryd en dit gaan, met ou vyande wat mekaar pak, gewis nie maklik wees nie. Potchefstroom Gimnasium gaan Hoër Volkskool Potchefstroom in die een halfeindstryd aanvat en die gasheer, Hoërskool Klerksdorp, gaan hulle bure Hoërskool Wesvalia pak.

Daar is nou net 70 minute om te wen en hierdie spelers ‘n eindstryd en ‘n plek in die Virsekerbeker se uitkloprondes te gee. Vir al hierdie spanne gaan dit ‘n foutlose vertoning verg. Volkies sal nie kan slap lê nie, al het hulle in hulle vorige kragmeting teen Gimmies met 50-10 koning gekraai. Hierdie keer speel albei spanne op neutrale grond en Gimmies het niks om te verloor hierdie keer nie.

Dit is inderwaarheid ’n Classic Clash volume 2 – die groot vraag is wie hierdie keer hulle suksesverhaal in dié geskiedkundige tweestryd gaan skryf.
Gimmies gaan effens as die buiteperd in hierdie wedstryd in weens die feit dat hulle derde op die punteleer geëindig het en ook as ‘n mens na die vorige stryd kyk. Gimmies se wapens sal hulle venynige agterlyn wees.

Billy Jacobs, Keenan Twigg en Johan Minnaar sal met hulle spoed en fisiekheid hulle stempel sal wil afdruk.
Volkies is hierdie keer die gunstelinge, veral nadat hulle die vorige keer so oortuigend gewen het.
Tog kan hulle nie hulle teenstanders onderskat nie en Awie Visser se troepe sal met dissipline en volgens hulle speelpatroon moet speel. Voorlangs sal Kobus Burger en Francois Fourie weer groot druk plaas, met die lostrio van Dion Bezuidenhout, Marno Prigge en Jacques Gouws wat weer amok sal wil maak.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

Back to top button